By­le­veld se be­han­de­ling ge­staak

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus Je­a­nel­le G­rey­ling

en

Al­le be­han­de­ling vir die baas­speur­der Piet By­le­veld is gis­ter­og­gend ge­staak.

Hy is se­dert Son­dag on­der ver­do­wing in die Li­fe Wil­ge­heu­wel-hos­pi­taal in Roo­de­poort.

“Dit gaan nie goed nie. Hy is nie wak­ker nie en ons kan sien hy is baie on­rus­tig om­dat hy nie a­sem kry nie,” sê sy stief­dog­ter.

By­le­veld het fa­se 4-kan­ker in al­bei lon­ge. Die kan­ker het ook na sy rug­string, by­nie­re en le­wer ver­sprei.

Baie van sy vrien­de en oud­kol­le­gas by die B­rix­ton-moor­den-roof-een­heid het die af­ge­lo­pe week “uit hul pad ge­gaan om af­skeid van hom te neem ter­wyl hy nog by sy be­wus­syn was”, sê sy vrou, E­li­ze.

“Dit het reg­tig baie vir hom be­te­ken.”

By­le­veld kon teen Son­dag nie meer re­gis­treer wan­neer ie­mand met hom praat nie.

“Piet het nie meer baie tyd oor nie. Dit maak my stuk­kend om hom so te sien,” het E­li­ze gis­ter­og­gend ge­sê.

“Ek los hom nie vir ’n mi­nuut al­leen nie so­dat hy weet hoe lief ek hom het.”

E­li­ze sê sy het die laas­te tyd baie voor haar man ge­huil. “Ek het vir hom ge­sê: ‘Ek is jam­mer ek is so tra­ne­rig voor jou.’ ”

By­le­veld het dan ge­ant­woord: “Jy kan maar huil, jy moet ont­slae raak van jou e­mo­sies.”

Die na­week het ver­skeie oud­kol­le­gas en fa­mi­lie­le­de hom ook be­soek, sê sy stief­dog­ter.

E­li­ze Swart, By­le­veld se sus­ter, sê die hos­pi­taal­per­so­neel doen al­les in hul ver­moë om hom rus­tig te hou.

“Hy kry baie swaar. Ons al­mal hoop en bid el­ke dag, maar dit lyk nie goed nie,” sê sy.

By­le­veld het in 2010, ná ’n loop­baan van 38 jaar in die po­li­sie, uit­ge­tree. Van die on­der­soe­ke waar­by hy be­trok­ke was, was die moord op Leigh Matthews, Si­bil­le Zan­ner en S­hel­de­an Hu­man. Hy het ook die reeks­moor­de­naars Ce­dric Maake en La­za­rus Ma­zin­ga­ne, die Nas­rec-moor­de­naar, vas­ge­trek.

Piet en E­li­ze het hul pri­va­te speur­maat­skap­py se deu­re ver­le­de jaar ge­sluit en af­ge­tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.