W­Kaap ramp­ge­bied

Re­ge­ring kan nou meer in­gryp, sê Zil­le

Beeld - - Nuus - Ja­son Felix

Die land­bou­ge­meen­skap se waar­sku­wing twee jaar ge­le­de aan die re­ge­ring oor die ramp­spoe­di­ge ge­vol­ge wat die droog­te in die Wes-Kaap gaan hê, het as’t wa­re op dowe ore ge­val.

Gis­ter het He­len Zil­le, WesKaap­se premier, die pro­vin­sie amp­te­lik tot ramp­ge­bied ver­klaar.

“Ons re­ge­ring wil aan el­ke bur­ger sê die ver­kla­ring is geen re­de tot kom­mer nie,” sê sy. “’n Ver­kla­ring tot ramp­ge­bied gee ons meer be­heer deur­dat dit die pro­vin­si­a­le re­ge­ring by­ko­men­de mag­te gee om in te gryp.”

Die Wes-Kaap er­vaar vol­gens Zil­le tans sy erg­ste droog­te se­dert 1904.

“Soos din­ge tans staan, is die ramp­tyd­perk drie maan­de, wat ver­leng kan word in­dien no­dig.

“Met die ver­kla­ring gee die Wet op Ramp­be­stuur die pro­vin­si­a­le re­ge­ring die mag om be­lang­ri­ke diens­te en diens­pun­te te be­skerm deur geld te her­pri­o­ri­ti­seer,” sê Zil­le.

Carl Op­per­man, hoof van A­gri Wes-Kaap, sê hul­le het die na­si­o­na­le re­ge­ring in No­vem­ber 2015 al ge­waar­sku dat ’n ramp voor­lê.

“Ons het hul­le in 2015 en 2016 ge­sê ons gaan erns­ti­ge pro­ble­me kry as ons nie gou speel nie. Dit is ’n e­nor­me kri­sis wat op ons wag. Die oes­te vir vol­gen­de jaar word be­paal deur wat ons nou doen. Die lang­ter­myn­ge­was­se word ver­al erg ge­raak. Die kort­ter­myn­ge­was­se . . . wel, men­se plant in die stof in die hoop dat dit gaan re­ën,” sê Op­per­man.

Vol­gens hom lyk die wa­ter­ta­fel vir boor­ga­te ook nie goed nie.

“Ons het voer no­dig om boe­re te help. Al­les hang nou af van die win­ter­re­ën wat ons hier­die sei­soen gaan kry. Die koue is ook be­lang­rik, want dit help die win­ger­de.”

Op­per­man sê hy het die pro­vin­si­a­le o­wer­he­de ver­le­de jaar ge­maan om nie te wag nie.

“Ons het eg­ter te lank ge­wag; ons kon baie vroe­ër iets ge­doen het. Dit wat ge­doen is, is een­vou­dig nie ge­noeg nie. Ons loop ook die ge­vaar om weer droog­te te er­vaar.”

Zil­le sê die on­mid­del­li­ke in- gry­pings sluit in: ) Boor­ga­te by hos­pi­ta­le in die Kaap­se me­tro­pool. Daar sal ook by sko­le in ho­ë­ri­si­ko­ge­bie­de ge­boor word; ) Die ver­snel­ling van om­ge­wings­im­pak­stu­dies vir die toets van ’n mo­bie­le ont­sou­tings­aan­leg deur die be­staan­de wa­ter­ka­na­le wat vir die re­ak­tors by die Koe­berg-krag­sta­sie ge­bruik word; ) Boor­werk op die Ta­fel­berg­wa­ter­dra­er; ) Die aan­stel­ling van grond­wa­ter­spe­si­a­lis­te in die pro­vin­sie se ses stre­ke wat verantwoordelik sal wees vir die i­den­ti­fi­ka­sie, ko­ör­di­na­sie en be­stuur van grond­wa­ter­bron­ne; en ) Die e­va­lu­a­sie van wa­ter­be­per­kings in el­ke mu­ni­si­pa­li­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.