Mi­nis­ter se ad­junk ge­kaap, aan­ge­hou

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

T­ha­bang Mak­wet­la, ad­junk­mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, is die na­week et­li­ke ure lank aan­ge­hou na­dat sy mo­tor in Jo­han­nes­burg ge­kaap is.

Vier ge­wa­pen­de mans het hom ver­moe­de­lik Son­dag­aand tot by die Li­fe Ri­ver­field-hos­pi­taal in Four­ways ag­ter­volg waar hy ’n vriend wou be­soek, sê N­ti­me Sk­hosa­na, woord­voer­der van die de­par­te­ment.

Die vier het Mak­wet­la en twee vei­lig­heids­wag­te by die hos­pi­taal se hek oor­rom­pel.

“Die (ad­junk)mi­nis­ter is ag­ter­in die voer­tuig ge­dwing en tot om­streeks 03:00 Maan­dag­og­gend (gis­ter) deur die ge­wa­pen­de mans met klap­mus­se aan aan­ge­hou. Die ro­wers het die twee vei­lig­heids­wag­te in die voer­tuig se kat­te­bak in­ge­dwing en met al drie weg­ge­ry.”

Hul­le het Mak­wet­la se sel­foon, bank­kaart, beur­sie met geld en van sy per­soon­li­ke do­ku­men­te ge­buit.

Gis­ter­og­gend om­streeks 03:00 is hy en die twee wag­te in die bos­se na­by Ma­di­di in Noord­wes af­ge­laai. Hul­le het toe na ’n na­by­ge­leë ne­der­set­ting be­gin stap om hulp te vra en duim­ge­gooi.

Vol­gens Sk­hosa­na het ’n ver­by­gaan­de mo­to­ris stil­ge­hou en hulp aan­ge­bied.

Lt.genl. Fa­nie Ma­se­mo­la, na­si­o­na­le po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig dat Mak­wet­la ’n saak by die po­li­sie aan­han­gig ge­maak het en sê die voor­val word op die hoog­ste vlak on­der­soek.

“Ons is nog in die vroeë sta­di­um van die on­der­soek en kan dus nie be­spie­gel of die ad­junk­mi­nis­ter spe­si­fiek ge­tei­ken is en of dit net ’n ge­wo­ne mis­daad­ge­val was nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.