Dié ‘Tos­ca’ laat tyd­vak in Ro­me voor jou oë leef

Beeld - - Kuns & Vermaak - Paul Boek­kooi Van­aand en Vry­dag om 20:00; Son­dag om 15:00.

Die uit­voe­ren­de kuns­te in Suid-A­fri­ka is, met en­ke­le spo­ra­die­se uit­son­de­rings daar­ge­laat, ’n koers­lo­se, on­der­be­fonds­te wees­kind. Daar word hard pro­beer om van die hand na die mond te oor­leef na­dat daar in baie ge­val­le teen bu­ro­kra­tie­se romp­slomp ge­veg moet word om ten min­ste slegs ba­sie­se pro­duk­sie­kos­tes te delg.

Hier­die op­voe­ring van Puc­ci­ni se Tos­ca ver­sterk jou ge­loof in won­der­wer­ke in ’n land waar die mees­te o­pe­ra­prak­ti­syns af­ge­stomp ge­raak het rond­om die feit of só iets nog moont­lik is.

Daar was reeds lank ge­rug­te in om­loop dat ’n Tos­ca in aan­tog is wat ge­meen­skaps­ge­dre­we sou wees. Tyd vlieg en Son­dag­mid­dag was die pre­mi­è­re van ’n voor­stel­ling wat nos­tal­gie­vra­te laat te­rug­dink het aan die goue era van pro­duk­sies in dié eens brui­send-ak­tie­we te­a­ter.

By die be­stuur van die S­taats­te­a­ter het ’n lig op­ge­gaan toe die P­re­to­ri­a­sim­fo­nie­or­kes en hul di­ri­gent, Ger­ben Groo­ten, met dié voor­stel kom. R100 000 is ter be­skik­king van dié pro­jek ge­stel en die S­taats­te­a­ter sou al hul be­staan­de in­fra­struk­tuur, wat by­voor­beeld kos­tuums, de­kor en re­kwi­sie­te in­sluit, gra­tis skenk.

Tos­ca staan be­kend as syn­de ’n di­a­bo­lie­se o­pe­ra wat diep in­sny in die don­ker, mag­sug­ti­ge, vals en ma­ni­pu­le­ren­de aard van men­se binne ’n era van po­li­tie­ke on­sta­bi­li­teit. Daar is 117 jaar ná sy pre­mi­è­re steeds in­di­vi­due wat op ’n mo­re­le vlak die werk se on­ver­bloem­de bru­ta­li­teit be­vraag­te­ken.

In Ti­nus S­pies se ver­hoog­ont­werp, sy be­we­gings­re­gie en me­ren­deels diep­sny­den­de in­sig rond­om die mens­li­ke na­tuur wat hy by sy san­ger-ak­teurs tuis­ge­bring het, lééf die tyd­perk in Ro­me se ge­skie­de­nis voor jou oë.

Vi­su­eel is die he­le in­kle­ding, wat van die des­tyd­se kos­tuums van wy­le Neels Han­sen ge­bruik maak, maar ook voor­sien is van sfeer­ry­ke pro­jek­sies deur S­pies self, iets heel be­son­ders.

Dié Tos­ca word nog ster­ker ge­ka­rak­te­ri­seer deur die uit­een­lo­pen­de mu­si­ka­le de­tail wat die o­pe­ra as ge­heel uit­dra. Niks ont­gaan Groo­ten in sy daar­stel­ling daar­van nie en vir lang tye het sy or­kes­le­de (ver­al die hout­bla­sers) jou daar­van laat ver­geet dat dit nie ’n pro­fes­si­o­ne­le or­kes is nie, maar uit vry­wil­li­gers be­staan.

Lo­ve­li­ne Ma­dumo in die ti­tel­rol het vo­kaal veel meer as slegs die no­di­ge stem­ka­rak­te­ri­se­ring en -kon­tras­te­ring binne haar be­heer. Sy is ge­mak­lik in die dra­ma­tie­se uit­dra van die vol­le om­vang van haar stem, hoe­wel sy haar diep­ste vo­ka­le uit­druk­king be­reik in haar mid­del­re­gis­ter.

Die Duit­se te­noor Mar­kus Ahme se Ca­va­ra­dos­si oor­tuig op­ties heel­wat meer as a­koes­ties. Sy stem se om­vang is be­perk en by tye on­e­ga­lig in sy oor­gan­ge, ter­wyl teg­nie­se man­ke­men­te na vo­re kom by ’n stem wat te “be­dek” klink en slegs in en­ke­le kli­mak­se oor­tuig.

Die vo­kaal en dra­ma­ties mees ge­ron­de ka­rak­ter is Christiaan Sny­man se S­car­pia, met ’n uit­beel­ding wat cli­chés in­tu­ï­tief sy­stap. Die be­set­ting van die klei­ner rol­le was by­kans al­mal i­de­aal.

O­pe­ra­fa­na­ti­ci moet op­hou kla en hier­na gaan kyk! )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.