Nu­we dig­bun­del ná ’n de­ka­de

My­burg wil nie le­ser on­der­skat Vind aan­slui­ting by kei­ser Ha­dri­a­nus

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Jo­han My­burg ver­klaar dié lang stil­tes tus­sen sy bun­dels soos volg: “Te­rug­skou­end meen ek my de­buut­bun­del kon meer om die lyf ge­had het as ek lan­ger daar­oor ge­wik en -weeg het en dalk la­ter ge­pu­bli­seer het. Ek ver­moed dié ge­waar­wor­ding het daar­toe ge­lei dat ek daar­na ver­sig­ti­ger was. Hoe­wel daar na­de­le aan lang stil­tes ver­bon­de is, is ek nie daar­oor spyt nie.”

Hy het van 1976 tot 1982 ta­le, fi­lo­so­fie en te­o­lo­gie stu­deer aan die des­tyd­se Pot­chef­stroom­se U­ni­ver­si­teit vir Chris­te­li­ke Ho­ër On­der­wys. Re­sen­sen­te het meer­ma­le daar­op ge­wys dat sy gedigte be­ïn­vloed is deur een van sy leer­mees­ters, T.T. Cloete. “Cloete se stem was met die ver­sky­ning van my eer­ste bun­del só klin­kend dat die eg­go’s in­der­daad in my werk deur­ge­slaan het,” er­ken hy rui­ter­lik en voeg by: “Wie is dit wat ge­sê het: As daar eg­go’s van ’n an­der dig­ter in jou werk op­klink, is dit min­stens nie so sleg as dit die stem van ie­mand soos Cloete is nie?”

On­danks die skim van Cloete ver­o­wer hy in 1995 die Eugè­ne Marais-prys vir sy twee­de bun­del, ge­ti­tel Kont­ra­fak. In die daar­op­vol­gen­de bun­del, Ka­mer­mu­siek van 2008, het dié eg­go’s by­kans vol­le­dig weg­ge­sterf. “Dit is iets waar­aan ek doel­be­wus ge­werk het. Soos in baie an­der ge­val­le ook is die uit­da­ging, dink ek, nie nood­wen­dig om goed aan te leer nie, maar om goed af te leer. As ek ’n oor­deel mag vel oor die nu­we bun­del, voel dit vir my as­of ek in Uit­tog­boek ’n stem hoor waar­mee ek ge­mak­lik voel. As dit my eie is, sal dit gaaf wees.”

In Uit­tog­boek i­den­ti­fi­seer My­burg hom met die gay Ro­mein­se kei­ser Ha­dri­a­nus (76-138 n.C.). Die bun­del o­pen met sy be­roem- de sterf­bed­ge­dig “a­ni­mu­la va­gu­la b­lan­du­la”. So klink My­burg se ver­ta­ling daar­van: lie­werd­ste klein swer­wer­siel met­ge­sel en gas van die lyf waar­heen mik jy nou: ’n oord waar jy kaal en koud en styf geen grap meer kan ver­woord. Hy ver­dui­de­lik sy fas­si­na­sie met Ha­dri­a­nus soos volg: “Be­ne­wens sy stre­we na vre­de in ’n be­son­der bloe­di­ge tyd was hy die kei­ser wat ’n be­lang­stel­ling in die kuns­te ge­had het en ’n be­son­der­se ar­gi­tek­to­nie­se na­la­ten­skap ge­laat het – be­ne­wens die Pant­he­on in Ro­me on­der meer ook sy vil­la en tui­ne­ry by Ti­vo­li, ’n paar ki­lo­me­ter bui­te die stad, as­ook uit­ge­brei­de bou­werk in G­rie­ke­land.

“Hy het op­drag vir heel­wat beeld­hou­wer­ke ge­gee (on­der meer van sy ge­lief­de An­ti­nous), het kuns ver­sa­mel en was teen die ein­de van sy le­we ook dig­ter – hoe­wel ‘a­ni­mu­la va­gu­la b­lan­du­la’ die e­nig­ste vers van hom is wat be­houe ge­bly het. As hy ho­mo­sek­su­eel was, is dit toe­val­lig. Hy het lief­ge­had.”

Die hoof­te­mas van die bun­del word net­jies saam­ge­vat in hier­die kei­ser­li­ke vyf re­ëls: die ver­trou­de en be­min­de; swerf­tog­te; lyf­lik­heid; die dood, ver­gank­lik­heid en ver­ge­tel­heid; en die ver­moë om te kan ver­woord.

Die dood is ’n op­val­len­de teen- woor­dig­heid in Uit­tog­boek. By mon­de van Ha­dri­a­nus sê My­burg in die ge­dig “Kei­ser, bui­te hom­self”: “mis­kien gee skryf my die ver­moë / om die dood te­ge­moet te gaan o­pe­oë”. In die ge­dig “Pro­so­po­peia” ver­tel ’n E­gip­tie­se mum­mie van sy eie bal­se­mings­pro­ses en van die “uit­tog­boek” wat hy ge­skryf het “as ’n soort gids deur die git van die on­be­ken­de”. Vir My­burg is die skryf van po­ë­sie klaar­blyk­lik ook ’n lei­draad deur die on­be­ken­de, ’n so­nar om die duis­ter­nis mee te peil en wat be­swe­ren­de weer­klan­ke op­le­wer, soos die woor­de “git” / “gids”.

My­burg was op die kuns­re­dak­sie van Beeld en tus­sen 2008 en 2017 by ver­skeie ge­leent­he­de ku­ra­tor vir groep­uit­stal­lings, as­ook vir fees­uit­stal­lings (KKNK van 2009 tot 2011). Hy is dees­dae ’n vry­skut­skry­wer oor die beel­den­de kuns en musiek. Sy ken­nis van die kuns­te blyk dui­de­lik uit sy po­ë­sie. Dié ver­wy­sings­veld ver­ryk ui­ter­aard die gedigte, maar stel ter­self­der­tyd hoë ei­se aan die le­ser. Is hy nie bang om as “e­li­tis­ties” ge­brand­merk te word nie?

“Son­der uit­son­de­ring be­hoort al­le men­se toe­gang tot kuns te hê. Nie­te­min is e­li­tis­ties, of eer­der ’n spe­si­fie­ke ver­wy­sings­veld, al­ler­mins vir my iets ne­ga­tiefs. Ek dink nie kuns is per se ’n de­mo­kra­tie­se be­dryf nie.

“Ver­maak – kuns kan ook ver­maak wees en an­ders­om – het wél ’n de­mo­kra­tie­se i­de­aal, ver­sterk deur die feit dat dit me­ren­deels kom­mer­si­eel ge­dre­we is. Kuns wat pri­mêr ’n de­mo­kra­tie­se en/of kom­mer­si­ë­le mik­punt het, stel sig­self wa­wyd oop vir mid­del­ma­tig­heid.”

Om die op­per­vlak­ki­ge aard van ver­maak te il­lus­treer, haal hy uit T.T. Cloete se ge­dig “Im­pas­se” aan: “Streel my, maak my ple­sie­rig, my ou bie­lie, / en geen erns, net teer e­mo­sies soos / ’n veer wat pret­tig op­per­vlak­kig kie­lie.”

Hy sê die laas­te ding wat hy wil doen, is om die le­ser te on­der­skat: “Lees stel hoë ei­se aan ’n le­ser. Punt. In ’n tyd waar­in al­les google-baar is, kwyn on­toe­gank­lik­heid des te meer. Niks is werk­lik meer on­uit­pluis­baar nie.”

Hoe sien hy die toe­koms van A­fri­kaans?

“Ek is min­der be­sorg oor die toe­koms van A­fri­kaans as oor die lui­heid van haar ge­brui­kers. ’n Taal le­we in die oor en mond van haar spre­kers. Waar­aan ’n mens moet aan­dag gee, is nie so­seer om die voort­be­staan van A­fri­kaans van ver­hoë af te ver­kon­dig nie, maar die toe­rus­ting van ge­brui­kers van A­fri­kaans om die reik­wyd­te van die taal te s­nap én om die taal te ge­bruik en te ge­niet. Ek sien en hoor heer­li­ke goed in A­fri­kaans ge­beur. Spon­ta­ne goed. En dit maak my op­ge­won­de.”

Jo­han My­burg

Die om­slag van Jo­han My­burg se Uit­tog­boek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.