Ca­pi­tec is nou die di­gi­ta­le voor­lo­per

Beeld - - Sake - – Niel Jou­bert

Ca­pi­tec het FNB ont­troon as die bank in Suid­A­fri­ka met die bes­te di­gi­ta­le diens­te. Dié bank kraai ook ko­ning in die ka­te­go­rie vir bes­te mo­bie­le bank­diens­te, vol­gens Co­lu­mi­na­te se jaar­lik­se pei­ling oor in­ter­net­bank­diens­te.

FNB bly bo wat be­tref in­ter­net­bank­diens­te, vol­gens Co­lu­mi­na­te se SITEis­facti­on­pei­ling, waar­in kli­ën­te­te­vre­den­heid met di­gi­ta­le bank­diens­te in Suid­A­fri­ka ge­meet word.

“Ca­pi­tec ver­staan hoe be­lang­rik dit is om sy op­los­sings te ont­wik­kel met die kli­ënt as die mid­del­punt,” sê Co­lu­mi­na­te. Dié bank het 81 uit 100 pun­te ge­kry. FNB was twee­de met 79 uit 100.

Ned­bank en S­tan­dard Bank het elk 61 pun­te ge­kry. Ab­sa was steeds laas­te met net 55 pun­te uit 100.

Bank met bes­te mo­bie­le diens­te Ca­pi­tec het 83 pun­te uit 100 ge­kry. FNB was twee­de met 80 uit 100. Ned­bank (71) was der­de en S­tan­dard Bank (70) vier­de.

Ab­sa is laas­te met 65 pun­te, wat vyf pun­te min­der is as ’n jaar ge­le­de in dié ka­te­go­rie.

Min­der be­drog, meer slag­of­fers Die ge­val­le van be­drog was la­er as in die laas­te paar jaar, maar meer ver­brui­kers word die slag­of­fers van skelms. Ge­val­le van be­drog het van 62% in 2014 tot 46% van­jaar ge­daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.