GPI koop aan­de­le in S­pur

Beeld - - Sake Nuus - Ca­rin S­mith, Fin24

Toe Al­len Am­bor, S­pur se stig­ter en uit­voe­ren­de voor­sit­ter, on­langs al sy aan­de­le vir R100,7 mil­joen ver­koop het, was dit groot nuus en al­mal het ge­won­der aan wie hy dit ver­koop het.

Grand Pa­ra­de In­ves­t­ments (GPI) – ’n swart­be­leg­gings­maat­skap­py van Kaap­stad – het Vry­dag aan­ge­kon­dig hy het op 8 Mei 3,09 mil­joen ge­wo­ne aan­de­le teen R32,50 ge­koop.

Se­dert Sep­tem­ber 2016 het hy boon­op 5 mil­joen S­pur-aan­de­le ge­koop.

Die aan­de­le is di­rek en op die mark deur ’n be­stel­lings­boek ge­koop, wat die maat­skap­py se erns aan­dui om S­pur-aan­de­le te be­kom.

GPI sê hy be­sit nou deur ’n vol­fi­li­aal 17,48% van die uit­ge­reik­te S­pur-aan­de­le.

“Die ver­kry­gings stem oor­een met GPI se stra­te­gie om groei en di­ver­si­teit in sy be­leg­gings­por­te­feul­je te kry in an­der sek­to­re as die dob­bel­sek­tor.”

Op 9 Mei is aan­ge­kon­dig Am­bor het 3,09 mil­joen aan­de­le teen R32,50 vir R100,7 mil­joen ver­koop.

Pierre van Ton­der, uit­voe­ren­de hoof van S­pur, het toe ge­sê dit is al Am­bor se aan­de­le in S­pur en hy is be­sig om sy por­te­feul­je te di­ver­si­fi­seer.

Am­bor is nou in sy mid­del 70’s. Hy het die eer­ste S­pur-re­stau­rant in 1967 ge­o­pen.

GPI het sy aan­deel­hou­ers in No­vem­ber 2016 in ken­nis ge­stel dat die po­ten­si­ë­le ver­kry­ging van nog aan­de­le in S­pur nie meer voort­gaan nie.

Die GPI-di­rek­sie het des­tyds ge­sê hy is in ken­nis ge­stel dat se­ke­re aan­deel­hou­ers nie die voor­ge­stel­de tran­sak­sie wil on­der­steun nie en hy kon dus nie die ver­eis­te aan­deel­hou­ers­goed­keu­ring kry om die tran­sak­sie te af te han­del nie.

Foto: LARATO MADUNA

Has­sen Adams, uit­voe­ren­de voor­sit­ter van Grand Pa­ra­de In­ves­t­ments, in ’n Bur­ger King­tak. Die maat­skap­py het aan­de­le in on­der meer dié kits­kos­groep, die SunWe­st­groep, wat ca­si­no’s soos Gran­dWest be­dryf, en het nou ’n groot ge­tal aan­de­le in die ge­sins­re­stau­rant S­pur be­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.