Men­se sal meer ont­span in ro­bot­era, sê Ru­pert

Beeld - - Sake Nuus - – Bloomberg

Jo­hann Ru­pert, mil­jar­dêr en ei­e­naar van Ri­che­mont, wat on­der meer die maat­skap­py Car­tier be­sit, glo aan ’n toe­koms waar men­se deur ro­bot­te in die werk­plek ver­vang gaan word en baie vrye tyd gaan hê om te reis.

Die luuk­se­goe­de­re­maat­skap­py het Vry­dag be­kend ge­maak hy het ’n be­lang van 5% ge­koop in Du­f­ry, die wê­reld se groot­ste be­las­ting­vrye klein­han­de­laar.

Du­f­ry se aan­deel­prys het met 7,5% in Z­ü­rich ge­styg.

Die ver­kry­ging volg kort na­dat Ru­pert voorspel het kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie en ro­bot­te gaan in die vol­gen­de 20 jaar e­ko­no­mie­se en maat­skap­li­ke om­wen­te­lings ver­oor­saak.

Hoe­wel ’n ge­deel­te van die be­vol­king werk­loos gaan word, gaan die werk wat deur ma­sjie­ne en re­ke­naars ver­rig word ’n vraag na ont­span­ning skep, meen Ru­pert.

“Men­se sal meer vrye tyd hê,” het hy ge­sê toe die maat­skap­py sy fi­nan­si­ë­le re­sul­ta­te be­kend ge­maak het.

“Wat gaan ons in 15 tot 20 jaar doen? Gaan al­mal vir­tu­e­le s­pe­le­tjies speel en op X­boxes wees? Ek ver­moed reis gaan toe­neem.”

Hy het ’n golf van C­hi­ne­se toe­ris­te voorspel wat e­ko­no­mie­se voor­uit­sig­te in Frank­ryk, I­ta­lië en die res van Eu­ ro­pa gaan on­der­steun.

Du­f­ry het vroe­ër van­dees­maand ge­sê sy voor­uit­sig­te vir groei in A­sië het toe­ge­neem na­dat die C­hi­ne­se reis­kon­glo­me­raat HNA Group ’n be­lang van 21% in hom be­kom het.

Die 5%­be­lang is om­trent $470 mil­joen werd.

Ru­pert het ge­sê hy on­der­steun die moont­lik­heid van re­ge­rings wat ’n ba­sie­se in­kom­ste ver­skaf aan men­se wat in dié era gaan ag­ter­bly.

“Gaan men­se weer reis?” het Ru­pert ge­sê.

“Die ant­woord is ja, ver­al in die era van die twee­de ma­sjien­re­vo­lu­sie. Ons gaan e­nor­me ver­an­de­rings in die sa­me­le­wing hê.”

Ons gaan e­nor­me ver­an­de­rings in die sa­me­le­wing hê. — JO­HANN RU­PERT

Jo­hann Ru­pert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.