Ho­ër pryse bring toe­ris­me meer in sak

Beeld - - Geklassifiseerd - El­vi­ra Wood

As die e­ko­no­mie knel en min­der toe­ris­te kom kui­er, maak die ver­skaf­fers van ver­blyf ’n plan: Hul­le ver­hoog hul pryse.

S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka se jong­ste sy­fers oor die toe­ris­me­ver­blyf­sek­tor se in­kom­ste in Maart wys dat hoe­wel die ge­tal nag­te wat ver­koop is vir die der­de ag­ter­een­vol­gen­de maand ge­daal het, in­kom­ste daar­uit steeds ge­styg het.

In Maart het die ge­mid­del­de kos­te per ver­blyfeen­heid per nag op ’n jaar­grond­slag met 5% tot R1 042,40 ge­styg, maar die ge­tal nag­te waar­voor be­taal is, het met 1,2% af­ge­neem. Vir die he­le ver­blyf­sek­tor het die in­kom­ste met 1,4% no­mi­naal in Maart ge­styg.

Dit volg op ’n sty­ging van 4,6% in Ja­nu­a­rie en 3,2% in Fe­bru­a­rie.

’n To­ta­le in­kom­ste van R4,217 mil­jard is in Maart uit toe­ris­te­huis­ves­ting ver­dien.

Die to­ta­le ver­ko­pe in Maart uit re­stau­ran­te en kroeë wat aan ver­bly­fin­stel­lings ge­kop­pel is, was R684,4 mil­joen.

Woon­wa­par­ke en kam­peer­ter­rei­ne se in­kom­ste het met 20,2% ge­daal teen­oor ’n jaar te­vo­re en gas­te­hui­se en -pla­se s’n met 10,9%.

Ho­tel­le het 4,2% meer ver­dien en in­kom­ste uit an­der ak­kom­mo­da­sie het met 6% ge­styg.

Sei­soe­naal aan­ge­pas­te sy­fers wys die sek­tor het op ’n maand­grond­slag, dus teen­oor Fe­bru­a­rie, met 0,9% ge­krimp.

Ho­tel­le was in Maart 62,4% vol, woon­wa­par­ke en kam­peer­ter­rei­ne 46,4%, gas­te­hui­se en -pla­se 41,3% en “an­der” ver­blyf 42,3%.

Foto: PIXABAY

Vol­gens S­ta­tis­tie­ke Suid­A­fri­ka gaan toe­ris­te­ver­blyf in die land jou ge­mid­deld R1 042,40 per nag uit die sak jaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.