En hul­le het ge­ant­woord

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Die Haaie het hul skrum­ska­kel-spens aan­ge­vul met Lou­is S­chreu­der en Ca­me­ron W­rig­ht, wat reeds in die Cur­rie­be­ker-reeks vir dié rug­by­span sal diens doen.

S­chreu­der, wat vir die Sout­hern Kings in die Su­per­rug­by-reeks speel, sal die ste­wels vul van die S­pring­bok Co­bus Rei­nach, wat groe­ner wei­vel­de by Northamp­ton in En­ge­land gaan soek. Die stryd­ros Mi­cha­el Claas­sens sal steeds vir die Haaie uit­draf.

S­chreu­der, wat in 2010 on­der­kap­tein van die Jong Bok­ke was, het ook 66 keer vir die S­tor­mers uit­ge­draf en het 55 ver­sky­nings vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie op sy kerf­stok.

W­rig­ht, wat sy ju­ni­or rug­by by die Haaie ge­speel het, het sy te­rug­keer uit Mont­pel­lier in Frank­ryk ge­maak en sal ’n by­ko­men­de skrum­ska­kel-keu­se wees.

“Ná ’n kort loop­baan in Frank­ryk wat hom met sy per­soon­li­ke groei ge­help het, maak hy (W­rig­ht) ’n wel­ko­me te­rug­keer,” het die af­rig­ter, Ro­bert du P­reez, in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Ca­me­ron ver­staan ons u­nie­ke kul­tuur en die span se waar­des. Al­mal is op­ge­won­de om hom te­rug te hê.”

Die Haaie het ook aan­ge­kon­dig dat die veel­sy­di­ge voor­spe­ler Ty­ler Paul (22), wat ge­mak­lik op slot en flank is, ook Port E­li­za­beth vir Dur­ban ver­ruil.

Paul is in 2013 as die Kings se o.19-Spe­ler van die Jaar aan­ge­wys.

“Sy wer­ke­tiek en dryf­krag maak hom per­fek vir ons span en ons is vol ver­troue dat sy skuif na Dur­ban voor­de­lig vir hom sal wees,” lui die Haaie se ver­kla­ring.

“Ons hoof­doel is om plaas­li­ke ta­lent te be­hou en baie moei­te is ge­doen om die bes­te ju­ni­or spe­lers in die pro­vin­sie te kon­trak­teer. Van dié na­me is reeds aan­ge­kon­dig,” het Du P­reez ge­sê.

“Saam met die ju­ni­ors is er­va­ring ook be­lang­rik en daar­om is spe­lers ge­kon­trak­teer wat mak­lik sal in­ska­kel by ons u­nie­ke kul­tuur en die vi­sie wat ons vir die Haaie het. Hier­die drie spe­lers pas in die prent­jie en ons sien daar­na uit dat hul­le hul­le by ons ge­sin aan­sluit.”

Foto: GALLO

IMAGES Ca­me­ron W­rig­ht Ty­ler Paul Lou­is S­chreu­der sal hom ná die Su­per­rug­by­sei­soen by die Haaie aan­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.