Nieu­See­land se se­westoer­nooi kry nu­we tuis­te

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die B­lits­bok­ke sal in die 2017-’18-sei­soen die kans kry om nóg ’n Nieu-See­land­se stad te ver­o­wer.

Ha­mil­ton is gis­ter as die nu­we tuis­te van Nieu-See­land se se­westoer­nooi in die Wê­reld­reeks­aan­ge­wys.

Die ou tuis­te, Wel­ling­ton, het die laas­te paar sei­soe­ne ge­buk ge­gaan on­der kwy­nen­de by­wo­ning­sy­fers.

Toe Suid-A­fri­ka vroe­ër van­jaar die ti­tel in dié Nieu-See­land­se hoof­stad ge­wen het, was daar be­swaar­lik meer as 10 000 on­der­steu­ners in die We­st­pa­c­sta­di­on.

Die B­lits­bok­ke kan dus nou in 2018 ge­skie­de­nis maak deur as die eer­ste kam­pi­oe­ne in Ha­mil­ton se Wai­ka­to-sta­di­on ge­kroon te word.

Die Wai­ka­to-sta­di­on is die tuis­te van die twee­ma­li­ge Su­per­rug­by-kam­pi­oe­ne, die C­hiefs.

Wê­reld­rug­by het ook die amp­te­li­ke se­wes­ske­du­le vir die 2017-’18-sei­soen uit­ge­reik, met die eer­ste toer­nooi in die Wê­reld­reeks, Du­bai, wat op 1 en 2 De­sem­ber be­slis word. Die Kaap­stad-toer­nooi vind ’n week la­ter (9 en 10 De­sem­ber) plaas, voor­dat die reeks in Ja­nu­a­rie 2018 her­vat word.

Die Syd­ney-toer­nooi vind op 26, 27 en 28 Ja­nu­a­rie plaas, waar­na die Ha­mil­ton-toer­nooi (3 en 4 Fe­bru­a­rie) sy bui­ging in die Wê­reld­reeks maak.

Die da­tums vir die S­ta­te­bond­spe­le-toer­nooi (Goud­kus, Aus­tra­lië) is ook deur Wê­reld­rug­by be­ves­tig. Die B­lits­bok­ke sal op 14 en 15 A­pril, die na­week ná die Hong­kong-toer­nooi (6 tot 8 A­pril), pro­beer om hul S­ta­te­bond­spe­le-ti­tel suk­ses­vol te ver­de­dig.

Die veld­tog om die Wê­reld­reeks­ti­tel word dan op 28 en 29 A­pril her­vat, wan­neer die Sin­ga­poer-toer­nooi be­slis word. Lon­den, die laas­te in die reeks, vind op 2 en 3 Ju­nie plaas.

Die span­ne kry dan ’n maand kans om hul­le voor te be­rei op die Wê­reld­be­ker-toer­nooi wat van 20 tot 22 Ju­lie in San Fran­cis­co be­slis word. ) Chris Dry en Ro­sko S­pe­cman, wat merk­waar­di­ge by­dra­es tot die B­lits­bok­ke se suk­ses ge­le­wer het die af­ge­lo­pe ses maan­de, is elk met ’n plek in die Wê­reld­reeks se droom­span vir die 2016’-17-sei­soen be­loon.

Dry het die reeks as een van die bes­te ver­de­di­gers af­ge­sluit met 152 suk­ses­vol­le duik­slae. Net sy kap­tein, P­hi­lip Sny­man, met 158 plet­ter­vat­te en A­me­ri­ka se S­te­phen To­ma­sin met 156 het hom in die lak­werk oor­ska­du.

Dié voor­spe­ler het van­jaar sy waar­de op die aan­val be­wys deur 19 drieë te gaan druk.

S­pe­cman het op sy beurt 20 drieë vir die B­lits­bok­ke ge­druk en dit kon selfs meer ge­wees het as hy nie weens ’n be­se­ring die toer­nooie in Hong­kong en Sin­ga­poer mis­ge­loop het nie.

Ver­skeie van S­pe­cman se drieë in die reeks was in­vloed­ryk en het tot se­ges ge­lei.

Die Droom­span vir 2016­’17 is: Chris Dry (SA), Dan­ny Bar­rett (VSA), Ka­li­o­ne Na­so­ko (Fidji), Per­ry Ba­ker (VSA), Jer­ry Tu­wai (Fidji), Ro­sko S­pe­cman (SA), Dan Nor­ton (Eng). ) Die B­lits­bok­ke sal om­streeks 10:00 van­og­gend op die Kaap­stad­se In­ter­na­si­o­na­le Lug­ha­we wees met hul Wê­reld­reeks-tro­fee wat hul­le uit Lon­den saam­bring.

Foto: GETTY IMAGES

Die Wai­ka­to­sta­di­on in Ha­mil­ton sal in 2018 die nu­we tuis­te vir Ni­euSee­land se se­westoer­nooi in die Wê­reld­reeks wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.