Kings se ‘ka­non­bal’ rol dalk in die leeu­kuil

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Die Sout­hern Kings sal na ver­wag­ting Son­dag teen die Leeus in Jo­han­nes­burg met hul­le “ka­non­bal” op die veld kan draf.

Dit lyk as­of die ge­har­de bal­jag­ter-flank Chris Cloete, ook be­kend as Ka­non­bal, reg sal wees om die Leeus die stryd aan te sê.

Cloete het die na­week se krag­me­ting met die Brum­bies weens har­sing­skud­ding mis­ge­loop.

Van die drie spe­lers wat weens be­se­rings nie teen die Brum­bies kon speel nie, is sy kans om na die veld te­rug te keer, die bes­te.

Die slot Wil­helm van der Sluys (lies) en die heel­ag­ter Ma­sixo­le Ban­da (dy­spier) lyk glo ook al be­ter, maar sal eers van­dees­week fiks­heids­toet­se moet slaag.

Cloete is een van vier spe­lers van die Kings wat die S­pring­bok­ke se oe­fen­kamp in Jo­han­nes­burg by­woon.

Die an­der drie is die los­ska­kel Li­o­nel Cron­jé, vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi en los­voor­spe­ler An­di­sa Nt­si­la.

De­on Da­vids, die Kings se hoof­af­rig­ter, het dit as “fan­tas­ties” be­skryf dat dié vier spe­lers selfs net na die na­si­o­na­le oe­fen­kamp toe ge­nooi is.

“Dit is ver­al fan­tas­ties as jy kyk waar hul­le was voor hier­die sei­soen en waar hul­le nou is,” sê Da­vids.

“Li­o­nel was om­trent nê­rens (Cron­jé het nie ver­le­de jaar rug­by ge­speel nie) en van die an­der ou­ens het in die Eer­ste Li­ga ge­speel.”

Ma­pim­pi het vir die Grens-Bul­l­dogs en Nt­si­la vir die SWD-A­ren­de ge­speel.

Dis dees­dae nie juis plek­ke waar die na­si­o­na­le keur­ders S­pring­bok­ke gaan soek nie.

Cloete was se­dert die mid­del van ver­le­de jaar se Su­per-reeks be­seer en het eers hier­die sei­soen weer be­gin speel.

“Dit wys net weer hoe be­lang­rik hier­die fran­chi­se is om spe­lers wat an­der­sins nie raak­ge­sien sou word nie, op die voor­grond te plaas,” sê Da­vids.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.