Lom­bard ju­bel oor twee­de plek

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Zan­der Lom­bard (22) moes eer­gis­ter by die Roc­co For­te Ope in I­ta­lië weer te­vre­de wees met strooi­jon­ker speel, maar hy het eer­der ge­ju­bel as ge­frons ná sy uit­speel­stryd-ne­der­laag.

Lom­bard het op die twee­de uit­speel­put­jie teen die S­pan­jaard Al­va­ro Qui­ros­ver­loor, wat die se­wen­de Eu­ro­pe­se ti­tel van sy loop­baan ver­o­wer het. Vir Lom­bard was dit die twee­de keer dat hy in ’n Eu­ro­pe­se toer­nooi te­vre­de moes wees met die twee­de plek – maar hy het da­rem ’n hand­vol troos­pry­se ge­kry.

Be­ne­wens ’n tjek van € 111 110 (so­wat R1,65 mil­joen) het Lom­bard met 162 plek­ke op die wê­reld­rang­lys ge­spring, van 431ste tot 269ste, én ge­kwa­li­fi­seer vir van­dees­week se BMW PGA-kam­pi­oen­skap op die Went­worth-baan in Lon­den.

Nie­te­min het hy steeds nie vol­le spe­lers­reg­te op die Eu­ro­pe­se Reeks nie, wat be­te­ken dat hy oor­spronk­lik nie vir die BMW­toer­nooi ge­kwa­li­fi­seer het nie.

“Dis ’n goeie troos­prys om Went­worth toe te gaan,” het hy ge­sê. “Wen is se­ker nie al­les nie en ek kan nie kla daar­oor om in ’n uit­speel­stryd te ver­loor nie. In wind soos hier­die was dit e­nig­ie­mand s’n om te wen.

“Die groot ding wat ek hier­uit neem, is dat ek kan mee­ding en wen. Ek moet my­self net ver­trou en glo en dan sal ’n oor­win­ning met­ter­tyd kom.”

Lom­bard en Qui­ros moes twee keer te­rug­keer na die 18de put­jie na­dat hul­le in re­gu­la­sie­spel al­bei op 270 houe (-14) ge­ëin­dig het. Qui­ros, wat aan die be­gin van die dag vyf houe voor Lom­bard was, het te­rug­ge­sak met ’n ron­de van 73 (+2), ter­wyl die jong SuidA­fri­ka­ner bal­jaar het op pad na ’n 68 (-3).

Al­bei spe­lers het op die eer­ste uit­speel­put­jie mid­del­ma­ti­ge na­der­houe ge­speel en sy­fers aan­ge­te­ken, en met die twee­de pro­beer­slag kon hul­le weer nie hul twee­de houe na­by aan die vlag­gie kry nie.

Lom­bard se eer­ste set­hou was te kort en het hom met ’n uit­da­gen­de set­hou vir sy­fer ge­laat.

Hy het die twee­de set­hou ook ge­mis en ’n brou­hou aan­ge­te­ken, en moes toe staan en kyk hoe Qui­ros sy­fer red om die toer­nooi te wen.

“Ho­pe­lik kan ek nou hier­die goeie peil be­hou,” het Lom­bard ag­ter­na ge­sê.

Foto: GETTY IMAGES

Zan­der Lom­bard, Son­dag in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.