Kol­wers op dreef voor een­dag­reeks

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Suid-A­fri­ka se top­kol­wers is al­mal op dreef ná die eer­ste twee op­warm­wed­stry­de in En­ge­land, maar daar is steeds vrae oor die sa­me­stel­ling van die Pro­te­as se bou­l­aan­val.

Bui­ten die kap­tein, AB de Vil­liers, wat al­bei wed­stry­de teen Sus­sex en Northamp­ton met ’n lug­we­gin­fek­sie mis­ge­loop het, het al die kol­wers suk­ses be­haal in die twee wed­stry­de.

Hashim Am­la, Faf du P­les­sis en David Mil­ler het Son­dag al­mal 50-tal­le teen Northamp­tons­hi­re aan­ge­te­ken om die Pro­te­as se kol­wers oor­ge­noeg self­ver­troue te gee voor mô­re se eer­ste een­dag­wed­stryd teen En­ge­land op He­a­ding­ley in Leeds.

Quin­ton de Kock en JP Du­miny het Vry­dag teen Sus­sex suk­ses voor die pen­ne be­haal.

Die kol­wers het die Pro­te­as eer­gis­ter ge­help om 275/7 in hul 50 boul­beur­te aan te te­ken en dit was ge­noeg om die wed­stryd met 13 lo­pies te wen.

Maar ’n mens het ver­wag dat die Pro­te­as se bou­lers be­ter teen ’n ver­swak­te Northamp­tons­hi­re-span sou vaar, want die man­ne het ge­sweet om die tuis­span vir 262 uit te haal.

Chris Mor­ris (3/36), Mor­né Mor­kel (2/32) en Im­ran Ta­hir (2/44) het suk­ses be­haal met die bal, maar twee van die veel­sy­di­ge spe­lers, An­di­le P­hehluk­wa­yo (1/58 in 10 boul­beur­te) en D­wai­ne P­re­to­ri­us (1/61 in 9) het deur­ge­loop.

Ver­al Mor­kel se suk­ses laat ’n mens won­der of die Pro­te­as nie die sa­me­stel­ling van die bou­l­aan­val gaan aan­pas vir die reeks teen En­ge­land nie.

In die reeks teen Nieu-See- land in Maart het die Pro­te­as met slegs twee spe­si­a­lis­bou­lers, Ta­hir en Ka­gi­so Ra­ba­da, en drie veel­sy­di­ge bou­lers be­gin.

Daar was vier veel­sy­di­ge spe­lers, Mor­ris, P­hehluk­wa­yo, P­re­to­ri­us en Way­ne Par­nell in die groep en hul­le is om die beurt ge­rus. Dit lyk nou of daar ’n goeie kans is dat slegs twee van die veel­sy­di­ge man­ne gaan be­gin, saam met drie spe­si­a­lis­te in Mor­kel, Ra­ba­da en Ta­hir. Dit is nog nie se­ker wat­ter twee veel­sy­di­ge spe­lers kans sal kry nie, maar Mor­ris is straks voor in die koor.

Hy het im­mers ’n paar wed­stry­de ver­le­de jaar teen die ein­ste En­ge­land vir die Pro­te­as met die kolf ge­wen en sy on­lang­se ver­to­nings in die In­die­se P­re­mier­liga wys dat hy uit­ste­kend op dreef is.

Par­nell het Vry­dag 61 van net 42 bal­le ge­mo­ker toe hy die beurt saam met De Kock teen Sus­sex be­gin het.

Maar dit is hoogs on­waar­skyn­lik dat hy die rol sal ver­vul wan­neer De Kock en Am­la be­skik­baar is.

Par­nell is steeds wis­sel­val­lig met sy boul­werk en dit plaas sy plek in die be­gin­span in die ge­drang.

Hashim Am­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.