U­nie­ke me­dal­jes wag in Lon­den

24 uur

Beeld - - Sport - – Wim P­re­to­ri­us

Die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) het gis­ter die me­dal­jes be­kend ge­stel waar­voor at­le­te op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Au­gus­tus in Lon­den sal mee­ding.

Die­self­de me­dal­jes sal ook ge­bruik word vir die Pa­ra­at­le­tiek­wê­reld­kam­pi­oen­skap in Ju­lie.

Al­bei by­een­koms­te word in Lon­den se O­lim­pie­se sta­di­on ge­hou.

Die u­nie­ke me­dal­jes beeld ’n at­le­tiek­baan uit, te­sa­me met ver­skeie ba­kens van die B­rit­se hoof­stad, soos die To­wer B­rid­ge, die Lon­don­se Eye en Big Ben.

To­ni Mi­ni­chiel­lo, wat vir Jes­si­ca En­nis­Hill, die voor­ma­li­ge O­lim­pie­se kam­pi­oen in die se­we­kamp af­rig, Ja­z­min Sa­wy­ers, ’n S­ta­te­bond­spe­le­sil­wer­me­dal­je­wen­ner en Dan G­re­a­ves, ’n vyf­ma­li­ge Pa­ra­lim­pie­se me­dal­je­wen­ner, was al­mal be­hulp­saam met die ont­werp van die me­dal­jes.

“Dit was lek­ker om deel van die pa­neel te wees,” het Sa­wy­ers in ’n ver­kla­ring ge­sê. “Dit is iets wat ek nog nooit ge­doen het nie en dit was ’n u­nie­ke er­va­ring om te sien wat dit al­les verg om die me­dal­jes vir die Wê­reld­kam­pi­oen­skap te ont­werp. Dit is goed dat at­le­te ook ’n by­drae tot die ont­werp kon le­wer.”

Die IAAF­wê­reld­kam­pi­oen­skap duur tus­sen 4 en 15 Au­gus­tus en Pa­ra­kam­pi­oen­skap tus­sen 14 en 23 Ju­lie.

Só lyk die me­dal­jes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.