Tuk­kies ge­bruik kan­se vir nóg ’n Var­si­ty­kroon

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger

Die vroue­hok­kie­span van Tuk­kies was met sy twee­de en laas­te straf­hoek in die kol om met die Var­si­ty­kroon weg te stap na­dat die Ma­ties nie met een van hul­le vyf straf­hoe­ke wel­slae kon be­haal nie.

Die tuis­span het sy eer­ste Var­si­ty­eind­stryd met 1­0 ge­wen gis­ter­aand op die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se as­tro­veld waar die ein­ste Ma­ties in 2013 die eer­ste wen­ner was.

Die eer­ste helf­te het geen doe­le op­ge­le­wer nie.

Tuk­kies het in die der­de chuk­ka, met hul twee­de straf­hoek, die voor­tou ge­neem. Cat­her­i­ne Mor­ris se mo­ker­hou, ná ’n va­ri­a­sie­be­we­ging in die doel­sir­kel, is eers na ’n kyk­weer toe­ge­laat.

Die Ma­ties het aan die ein­de in hul krag­spel, waar­in doe­le dub­bel tel, hul vyf­de straf­hoek ge­kry, maar Tar­ryn Glas­by het die bal toe regs ver­by die doel­hok ge­jaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.