Lloyd se ten­nis­loop­baan kry groot hup­stoot

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

’n In­ter­na­si­o­na­le or­ga­ni­sa­sie het ’n groot klip uit die jong Suid­A­fri­ka­ner Lloyd Har­ris se pad na ten­nis­roem ge­rol.

Die Grand Slam Ont­wik­ke­lings­fonds (GSDF) het gis­ter aan­ge­kon­dig dat die 20­ja­ri­ge Har­ris, ’n lid van SA se Da­vis­be­ker­span, een van 14 spe­lers wê­reld­wyd is wat as deel van ’n nu­we pro­gram (In­ter­na­ti­o­nal Play­er Grand Slam Grants) fi­nan­si­ë­le by­stand gaan ont­vang.

Die GSDF sal van­jaar $50 000 (so­wat R660 000) aan Har­ris be­skik­baar stel om al sy reis­ en ver­blyf­kos­tes oor die wê­reld heen te fi­nan­sier.

Die doel hier­van is om Har­ris in staat te stel om aan ge­noeg in­ter­na­si­o­na­le toer­nooie te kan deel­neem so­dat hy as be­roep­spe­ler ont­wik­kel en la­ter sy slag in Grand Slam­toer­nooie wys. Har­ris is tans 262ste op die wê­reld­rang­lys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.