Blou Bul­le tjoep­stil oor Nol­lis se toe­koms

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Daar is on­ge­ag ’n mag­dom ge­rug­te oor die toe­koms van die Bul­le-brei­er, Nol­lis Marais, ’n slui­er van stil­swye hier­oor by Lof­tus Vers­feld ge­trek.

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) kan vol­gens al­le aan­dui­dings in die vol­gen­de paar dae aan­kon­dig dat Marais as Su­per­rug­by-hoof­af­rig­ter ge­pos word.

Dit sal be­te­ken Marais het nie eens twee veld­tog­te in die kom­pe­ti­sie oor­leef nie.

Daar is die laas­te ruk ’n lang lys na­me wat as moont­li­ke op­vol­gers ge­noem word.

Die voor­ma­li­ge Bul­le- en S­pring­bok­af­rig­ter Hey­ne­ke Mey­er en die BBM het glo oor ’n moont­li­ke te­rug­keer vir hom ge­praat, ter­wyl selfs John Mit­chell, ’n oud-brei­er van die All Blacks, se naam ge­noem is.

Ver­le­de week is in Fran­se rug­by­k­rin­ge be­spie­gel dat Ber­nard Jack­man, ’n voor­ma­li­ge Ier­se ha­ker wat dees­dae in Frank­ryk af­rig, op pad is P­re­to­ria toe.

Die jong­ste ge­rug is dat Jo­hann van Graan, ’n hulp­af­rig­ter van die S­pring­bok­ke en die seun van die BBM se uit­voe­ren­de hoof, Ba­rend van Graan, in Marais se pos aan­ge­stel kan word.

Van Graan het na be­we­ring Vry­dag ’n voor­leg­ging aan die Bul­le se di­rek­sie ge­maak.

Van Graan sr. sê in re­ak­sie hy kan nie in hier­die sta­di­um kom- men­taar le­wer oor die pro­ses nie.

Die BBM het vroe­ër die maand be­kend ge­maak hy het ’n om­draai­plan in wer­king ge­stel om die span se swak pres­ta­sie “op en van die veld af” te ver­be­ter.

Die Bul­le kon so­ver nog net drie uit 11 wed­stry­de in die Su­per­reeks wen en selfs die Sout­hern Kings was al die sei­soen in meer wed­stry­de aan die wen­kant.

Daar is in ’n ver­kla­ring oor die om­draai­plan ge­sê die Bul­le gaan wyd kon­sul­teer, maar daar is nie aan­ge­dui dat Marais se pos in die ge­drang is nie.

Die be­sluit­ne­mers by Lof­tus se ver­troue in Marais het eg­ter vin­nig ge­taan.

Van Graan het min­der as ’n jaar ge­le­de in ’n on­der­houd ge­sê Marais “is die reg­te man om die Bul­le weer ’n kam­pi­oen­span te maak”.

Hy het voorts ge­sê daar is ’n doel- wit ge­stel om die Su­per­rug­by-kroon in 2018 te wen en die BBM glo Marais is goed op koers met dié man­daat.

“Ver­an­de­ring neem tyd – des te meer wan­neer jy met ’n jong span ’n nu­we spel­styl wil ves­tig,” het Van Graan in Ju­lie 2016 ge­sê.

Marais het van­dees­week, om al­les te kroon, net een dag om vir Sa­ter­dag se krag­me­ting met die Nieu-See­land­se kam­pi­oen­span, die Hur­ri­ca­nes, voor te be­rei.

Jes­se K­riel, Jan Ser­fon­tein, War­rick Ge­lant, Lood de Ja­ger, T­re­vor Ny­a­ka­ne en Li­zo G­qo­bo­ka is van­dees­week by die S­pring­bok-oe­fen­kamp in Jo­han­nes­burg.

Die man­ne sal dus eers Don­der­dag weer by die Bul­le in­val.

Nol­lis Marais: Ry hy of bly hy?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.