‘Maak War­ren W­hi­te­ley kap­tein!’

S­wys sê:

Beeld - - S­port - Chris­to Bu­ch­ner

Daar is net een spe­ler wie se naam uit­ge­lees moet word as die S­pring­bok­ke se nu­we kap­tein en agt­ste­man: War­ren W­hi­te­ley.

Só glo S­wys de Bruin, die aan­valsaf­rig­ter van die Leeus.

Hy volg W­hi­te­ley se loop­baan al se­dert hy ’n skool­seun aan G­len­wood Boys High in Dur­ban was.

“Ek stem glad nie saam met die al­ge­me­ne me­ning nie dat Waz­za (W­hi­te­ley) te lig is om op in­ter­na­si­o­na­le vlak sy stem­pel af te druk nie.

“Dit is die groot­ste klomp snert en ek weet reg­tig nie waar dit van­daan kom nie. Het jy al langs hom ge­staan en ge­sien wat­ter groot stuk vleis hy is?” wou De Bruin weet.

“Gaan kyk maar na sy sta­tis­tie­ke en jy sal sien hoe doel­tref­fend hy is. Hy is een van die spe­lers wat die mees­te be­sit om­keer. En hy het ook die krag om ou­ens wat veel swaar­der as hy is, in die lug te hou om be­sit om te keer,” sê De Bruin.

“Hy is een van die min spe­lers wat ou­ens kan te­rug­duik. Ek ba­klei nog al­tyd teen daar­die per­sep­sie dat se­ke­re spe­lers te klein is.

“Dit is nou maar hoe die lie­we Va­der ons ge­skep het. Dit is juis die so­ge­naam­de klei­ner ou­ens wat die mees­te vaar­dig­he­de het, want hul­le kan nie net op krag staat­maak nie. Gee my e­ni­ge dag ’n vaar­di­ge spe­ler, al is hy nie fi­siek groot nie, bo een wat net op sy krag wil staat­maak op die rug­by­veld,” sê De Bruin.

“Ek sien dit nog al­tyd as een van die groot on­reg­ver­dig­he­de in ons rug­by dat ons hier­die ob­ses­sie met groot­te het.

“Vat nou maar ’n klein spe­ler soos Da­mi­an M­cKen­zie (C­hiefs-heel­ag­ter/los­ska­kel). Kyk hoe skit­te­rend is hy. Ons het ons eie Da­mi­an M­cKen­zie in B­rent Rus­sell ge­had en toe het al­mal ge­sê nee, hy is heel­te­mal te klein om vir die S­pring­bok­ke te speel.

“Die­self­de geld ie­mand soos Chris Cloe­te, wat ook by die Haaie as te klein en te lig be­skou is en toe moes skuif. Kyk hoe goed doen hy nou by die Kings.

“Nóg ie­mand is Fran­co Mos­tert, wat nie as so doel­tref­fend ge­sien word as van die slot­te wat bo hom by die S­pring­bok­ke ge­kies word nie. Ek sê jou, ek het nog nie ie­mand met sy werk­ver­rig­ting op ’n rug­by- veld ge­sien nie,” sê De Bruin.

Wat W­hi­te­ley be­tref, ver­tel De Bruin hoe dié kap­tein van die Leeus in die Haaie se raad­saal ge­weeg en te lig be­vind is.

“Ek en Hans S­cri­ba (wat ook by die Haaie se A­ka­de­mie be­trok­ke was) het kop­skud­dend uit daar­die ver­ga­de­ring ge­stap oor die kort­sig­tig­heid om­dat die Haaie nie be­sef het wat hul­le in W­hi­te­ley ge­had het nie,” sê hy. “Wat sy lei­er­skap be­tref, kry jy net nie ’n meer be­sten­di­ge en sta­bie­le mens as hy nie.

“Hy is so lo­jaal as wat kan kom en daar­die drie wat hy Sa­ter­dag (teen die Bul­le) ge­druk en toe da­de­lik kop­skud­dend aan­ge­dui het dat dit dalk nie ’n drie was nie, is ti­pies Waz­za.

“Hy speel die spel soos dit ge­speel moet word,” sê De Bruin.

“Ek dink hy sal een­dag ná sy speel­dae ’n groot rol in af­rig­ting speel, want hy is ’n ken­ner van die spel en ’n wa­re rug­by­stu­dent,” sê hy.

Maar of Al­lis­ter Coet­zee, die Bok-af­rig­ter, daar­die sie­ning oor W­hi­te­ley deel, sal eers dui­de­lik word wan­neer hy

sy Bok-groep aan­kon­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.