9 Leeus, 7 S­tor­mers, 5 Bul­le, 4 Haaie, 2 C­hee­tahs

Brei­er fo­kus ook op kom­bi­na­sies

Beeld - - Front Page - Co­bus Claas­sen

Allister Coetzee het gis­ter ’n nu­we S­pring­bok-span met ’n gees­drif­ti­ge jong kap­tein aan­ge­wys wat sy eie loop­baan en die Bok­ke se trots moet red.

War­ren W­hi­te­ley, kap­tein van die Leeus, sal die groep aan­voer wat die Fran­se op hul toer vol­gen­de maand na Suid-A­fri­ka moet pak.

Die kern van die Bok-groep sal uit W­hi­te­ley se Jo­han­nes­burg­se span­maats be­staan.

In die groep is daar ne­ge spe­lers van die Leeus, die Su­per­rug­by-span wat van­jaar bo die an­der Suid-A­fri­kaan­se span­ne uit­troon.

Die S­tor­mers word deur se­we spe­lers ver­teen­woor­dig, die Bul­le deur vyf, die Haaie deur vier en die C­hee­tahs deur twee.

Nie een spe­ler van die Kings is by die groep in­ge­sluit nie.

Vier van die 31 spe­lers het kon­trak­te met Fran­se span­ne en sal van oor­see af te­rug­ge­roep word vir die Fran­se toer van drie toet­se.

Frans S­teyn en Fran­cois Hou­gaard, on­der an­de­re, is te­rug­ge­roep om die ska­kel­paar­kri­sis te pro­beer op­los.

Die an­der twee groep­le­de wat ook in Frank­ryk speel, is Du­a­ne Ver­meu­len en S­te­ven Kits­hoff.

Met Pat Lam­bie én Han­dré Pol­lard be­seer, sal hy op S­teyn en El­ton Jan­tjies se er­va­ring in die nom­mer­tien-trui moet staat­maak.

Hul­le is die e­nig­ste twee spe­si­a­lis­los­ska­kels in die groep.

Dil­lyn Leyds van die S­tor­mers, een van die agt nu­we­lin­ge in die span, kan da­rem ook in daar­die po­si­sie uit­help.

Die 29-ja­ri­ge W­hi­te­ley is die 58ste S­pring­bok-kap­tein, be­rig

Chris­to Bu­ch­ner.

“Kap­tein­skap het my nog nooit bang­ge­maak nie,” het hy gis­ter ná die span­aan­kon­di­ging ge­sê. “Ek sal be­slis ook nie toe­laat dat die kap­tein­skap my as mens ver­an­der nie. Ek wil net my­self bly.”

W­hi­te­ley het al 15 keer in die S­pring­bok-trui op­ge­draf.

Hy sê hy ge­niet lei­er­skap en hou daar­van om be­slui­te te neem. “Ek kan wel baie leer by van die se­ni­or spe­lers in die span en sal dit ook doen.”

W­hi­te­ley sê hy het niks ver- moed toe Coetzee hom Maan­dag­aand in­ge­roep het vir ’n in­di­vi­du­e­le ge­sprek nie.

“Ek het reg­tig nie ver­wag hy sou sê ek is sy nu­we kap­tein nie.

“Dit was ’n won­der­li­ke ver­ras­sing.”

Toe hy by die huis kom, het hy sy vrou, Fe­li­ci­ty, nie da­de­lik ver­tel nie.

“Ek het dit maar eers so vir my­self ge­hou en op die reg­te oom­blik ge­wag.

“Ek het ’n DVD, Pep­pa Pig, vir my dog­ter­tjie, Ava, aan­ge­sit om haar be­sig te hou en die nuus toe aan my vrou ver­tel. Sy was eers ge­skok, maar toe skop die op­win­ding in.” Coetzee sê hy het al ’n ge­rui­me tyd ge­le­de be­sluit W­hi­te­ley sal sy kap­tein wees. “Dit was nie ’n moei­li­ke be­sluit nie. Hy het reeds sy skool­geld as spe­ler en kap­tein be­taal. “Hy sal die gom wees wat hier­die span by­me­kaar gaan hou. “Hy is die bes­te agt­ste­man in die land. “War­ren ver­staan kap­tein­skap en ken din­ge op en van die veld af. Hy het deur­set­tings­ver­moë en het ’n lang pad ge­stap om tot hier te kom. “Hy het al ge­wys hy kan on­der moei­li­ke om­stan­dig­he­de die reg­te be­slui­te neem. Ek het geen twy­fel nie dat ons twee ’n baie goeie ver­hou­ding sal hê en dat hy die bes­te uit die spe­lers sal kry,” sê Coetzee.

)

Dit was nie ’n moei­li­ke be­sluit nie . . . Hy sal die gom wees wat hier­die span by­me­kaar gaan hou. — ALLISTER COETZEE

Meer ge­ves­tig­de kom­bi­na­sies, on­der aan­voe­ring van ’n be­sie­len­de lei­er, wat ’n dui­de­li­ke en een­vou­di­ge wed­stryd­plan na­streef.

Allister Coetzee, die S­pring­bok-af­rig­ter, het gis­ter ge­sê hy wil ’n her­ha­ling van sy span se ramp­spoe­di­ge 2016-sei­soen van­jaar met hier­die be­stand­de­le ver­hoed. En die Bok­ke kan selfs ’n gro­ter aan­val­len­de in­ge­steld­heid hê, het hy aan­ge­dui.

“Die span­kul­tuur gaan be­slis be­ter wees en ons be­na­der die sei­soen an­ders. Jy is nooit te oud om te leer nie en dit was vir my be­lang­rik om spe­lers wat deur­gaans goeie ver­to­nings le­wer, te be­loon.”

Dis waar­om ne­ge Leeus in die groep van 31 ge­kies is en die maan­ha­re se kap­tein, War­ren W­hi­te­ley, ook die Bok­ke in aan­staan­de maand se toets­reeks teen Frank­ryk sal aan­voer.

Die an­der groot brand­punt is die te­rug­keer van die ver­ge­te won­der­kind van Suid-A­fri­kaan­se rug­by, Frans S­teyn.

Coetzee sê ge­ves­tig­de kom­bi­na­sies was ver­le­de sei­soen een van die span se te­kort­ko­min­ge.

“As jy ho­lis­ties na die spel kyk is ’n kom­bi­na­sie van spe­lers soos War­ren, Court­nall S­ko­san, An­dries Coetzee en Ross Cron­jé ’n troef­kaart in ge­bro­ke spel.

“Ek het ’n fan­tas­tie­se ge­leent­heid om daar­by te hou. Ek het spe­lers soos Ross en An­dries be­loon om­dat hul­le deur­gaans be­sten­dig was, maar ook om­dat hul­le deel uit­maak van ’n baie er­va­re kom­bi­na­sie (by die Leeus).”

Die Bok-brei­er het W­hi­te­ley en Du­a­ne Ver­meu­len, wat slegs een van vier oor­se­se spe­lers is wat die groep ge­haal het, as ’n “lo­gie­se kom­bi­na­sie” in die los­trio be­skryf. “Toe ek op War­ren as my kap­tein be­sluit het, het ek hom eer­stens ge­kies op grond van sy skit­te­ren­de ver­to­nings op agt­ste­man. Ek het ver­skeie ke­re met Du­a­ne ge­praat. Dit is nie ’n moei­li­ke be­sluit wie waar moet speel nie, om­dat hul­le me­kaar goed kom­ple­men­teer. “Du­a­ne speel in elk ge­val baie soos ’n 7-flank. Hy ver­de- dig s­terk, is ’n goeie bal­dra­er en kan grond toe speel. “Met War­ren het jy ’n klas­sie­ke agt­ste­man met die ver­moë om uit­ste­kend tus­sen voor en ag­ter te s­ka­kel.”

W­hi­te­ley gaan die man­daat kry om te hou by dit wat hom en die Leeus so ge­dug maak in Su­per­rug­by, het Coetzee ver­se­ker. “As jy kyk wat in Su­per­rug­by ge­beur het met die aan­val­len­de in­ge­steld­heid van ons fran­chi­ses, dui dit die pad aan.

“Ons sal na­tuur­lik ’n gro­ter ba­lans tus­sen aan­val en ver­de­di­ging na­streef.”

Coetzee het voorts toe­ge­gee hy be­gin die jaar met ’n los­ska­kel-kri­sis, met so­wel Han­dré Pol­lard as Pat Lam­bie wat nie teen die Ha­ne kan speel nie.

“Dit is waar­om ’n spe­ler soos Frans S­teyn so­veel waar­de toe­voeg. Hy is deeg­lik ge­mo­ni­tor en het van­jaar ver­skeie ke­re op los­ska­kel vir die klub­span Mont­pel­lier ge­speel.”

Die 30-ja­ri­ge S­teyn het in 2012 die laas­te van sy 53 toet­se ge­speel en is saam met El­ton Jan­tjies een van net twee er­ken­de los­ska­kels in die groep.

Vol­gens Coetzee is dit be­lang­rik dat die 19-ja­ri­ge Cur­win Bosch die Jong Bok­kies in Ju­nie by die Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi ver­teen­woor­dig en vol­gen­de sei­soen weer in die Su­per­reeks pres­teer. “Hy is ’n op­sie vir ons vir die der­de toets (ná af­loop van die o.20’s se Wê­reld­toer­nooi), maar daar is ook geen re­de waar­om ons hom nie vroe­ër kan be­trek nie.”

Daar is al­te­sa­me agt nu­we­lin­ge in die groep: Coetzee, Cron­jé, S­ko­san, Luk­ha­nyo Am, Dil­lyn Leyds, Ray­mond R­hu­le, Ru­an D­rey­er en Li­zo G­qo­bo­ka.

R­hu­le, Cron­jé, D­rey­er en G­qo­bo­ka het al saam met die Bok­ke ge­toer, maar het nog nie ’n toets ge­speel nie.

Fo­to: GALLO

Allister Coetzee, af­rig­ter.

Fran­cois Hou­gaard is ook te­rug.

Fo­to: GALLO IMAGES

Court­nall S­ko­san

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.