Kan­ker eis Ja­mes Bond­ak­teur (89)

Beeld - - Front Page -

Die B­rit­se ak­teur sir Ro­ger Moo­re (89) is gis­ter in S­wit­ser­land ná ’n kort stryd teen kan­ker dood.

“Dan­kie, Pap­pa, dat jy jy was en so baie spe­si­aal vir so baie men­se,” sê sy kin­ders, De­bo­rah, Ge­of­frey en Chris­ti­an, in ’n ver­kla­ring.

’n P­ri­va­te rou­diens sal in Mo­na­co ge­hou word.

Hy sal ver­al ont­hou word vir sy ver­tol­king van die ka­rak­ter Ja­mes Bond in se­we rol­pren­te (1973 tot 1985). Moo­re was vier keer ge­troud. Sy eer­ste vrou, Doorn Van S­teyn, was ses jaar ou­er en sy twee­de vrou, Doro­thy S­qui­res, 13 jaar ou­er as hy.

Al drie sy kin­ders is uit sy der­de hu­we­lik met die I­ta­li­aan­se ak­tri­se Luisa Mat­ti­o­li ge­bo­re. Hy is in 2002 met sy vier­de vrou, K­ris­ti­na T­hol­strup, ge­troud.

Fo­to: AP

Ro­ger Moo­re

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.