Von­ke spat oor Mo­le­fe

Beeld - - Nuus - B­ri­an Mo­le­fe

B­ri­an Mo­le­fe se her­aan­stel­ling by E­s­kom is on­wet­tig.

Dít is die me­ning van die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings.

Le­de van die ko­mi­tee het Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, so­wel as E­s­kom se di­rek­sie gis­ter be­hoor­lik oor die ko­le ge­haal weens die her­aan­stel­ling van Mo­le­fe as E­s­kom se uit­voe­ren­de hoof.

Bro­wn en dr. Ben N­gu­ba­ne, voor­sit­ter van die E­s­kom-di­rek­sie, het ver­skil­len­de weer­ga­wes aan die ko­mi­tee ge­gee oor of Mo­le­fe vroe­ër be­dank het en of hy vroeg af­ge­tree het.

Mail & Gu­ar­di­an het Maan­dag be­rig Mo­le­fe voer in ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring in die hof­aan­soek waar­in die DA sy her­aan­stel­ling ter­sy­de wil laat stel, aan dat hy met “on­be­taal­de ver­lof” was vir die tyd­perk wat hy van Fe­bru­a­rie tot Mei van­jaar ’n ANC-LP was.

Ná gis­ter se ko­mi­tee­ver­ga­de­ring het ’n dui­de­lik woe­den­de ANC dié ver­skil­len­de weer­ga­wes nie net as “on­eer­lik” be­skryf nie, maar ook as “mein­eed” be­stem­pel.

“Die ANC doen ’n be­roep op die re­ge­ring en die par­le­ment om be­slis­send op te tree om hier­die ir­ra­si­o­ne­le en on­houd­ba­re si­tu­a­sie op te los,” het Zi­zi Kod­wa, ANC­woord­voer­der, in die ver­kla­ring ge­skryf.

In­tus­sen het Pra­vin Gord­han op die ko­mi­tee­sit­ting gis­ter ook groot dra­ma ver­oor­saak toe hy ver­soek het dat die E­s­kom-di­rek­sie da­de­lik af­ge­dank word of vry­wil­lig be­dank om­dat “hul­le Suid-A­fri­ka te lank in die steek ge­laat het”.

Gord­han is nou ’n ANC-lid van die ko­mi­tee. Gis­ter was sy eer­ste amp­te­li­ke ver­sky­ning in die par­le­ment se­dert pres. Ja­cob Zu­ma se ka­bi­net­s­kom­me­ling in Maart van­jaar toe hy as mi­nis­ter van fi­nan­sies af­ge­dank is.

Gord­han het ge­sê die E­s­kom-di­rek­sie is be­wus­te­lik of on­be­wus­te­lik deel van ’n sa­me­swe­ring om E­s­kom tot voor­deel van ’n paar in­di­vi­due te kaap.

“Ons weet Bro­wn het voor­heen ge­sê dat die aan­stel­ling van ’n reg­ter­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek om be­we­rings van staat­skaping te on­der­soek die pre­si­dent se pre­ro­ga­tief is.

“’n Mi­nis­ter kan eg­ter ’n af­ge­tre­de reg­ter of se­ni­or ad­vo­kaat aan­stel om die aan­ge­leent­heid te on­der­soek. Hoe­kom word dit nie ge­doen om te be­paal wat reg­tig hier ge­beur nie?”

Op ’n vraag van Gord­han oor wie Bro­wn op­drag ge­gee het om Mo­le­fe weer aan te stel, het Bro­wn ge­sê nie­mand het haar op­drag ge­gee nie.

Sy het ook be­kend ge­maak dat sy die DA se hof­aan­soek oor Mo­le­fe nie ver­der sal teen­staan nie en die hof se uit­spraak daar­oor sal aan­vaar.

Vol­gens Bro­wn was sy on­der die in­druk dat Mo­le­fe be­dank het toe hy E­s­kom in No­vem­ber ver­le­de jaar ver­laat het.

N­gu­ba­ne het eg­ter aan die ko­mi­tee ge­sê Mo­le­fe het vroeg af­ge­tree.

Vol­gens hom het E­s­kom tien ek­stra werks­ja­re se pen­si­oen vir Mo­le­fe “ge­koop” wat hom in staat sou stel om met ver­vroeg­de pen­si­oen af te tree.

N­gu­ba­ne het ge­sê dit is die re­de waar­om die pen­si­oen­uit­be­ta­ling R30 mil­joen is en dat daar oor­een­ge­kom is om Mo­le­fe weer aan te stel eer­der as om dié be­drag aan hom uit te be­taal om­dat daar “’n wet­ti­ge oor­een­koms” met Mo­le­fe was.

“Dit is al­les in ons hof­stuk­ke (in die DA-aan­soek). Die hof moet nou be­sluit of dit wet­tig was of nie.”

Na­ta­sha Maz­zo­ne, DA-LP, het die E­s­kom-di­rek­sie as ’n “ver­leent­heid en skan­de vir Suid-A­fri­ka” be­skryf wat Bro­wn in die don­ker oor sy be­slui­te ge­hou het.

“Die di­rek­sie moet on­mid­del­lik ge­skors word.”

Zu­kis­wa Rantho, voor­sit­ter van dié por­te­feul­je­ko­mi­tee, het ge­sê die ko­mi­tee be­skou Mo­le­fe se aan­stel­ling as on­wet­tig, ten­sy dit an­ders ge­ad­vi­seer word.

“Die ko­mi­tee is erg ont­steld oor die hui­di­ge stand van sa­ke by E­s­kom.

“Die ko­mi­tee on­der­steun ook ’n vol­le par­le­men­tê­re on­der­soek na E­s­kom en Mo­le­fe se her­aan­stel­ling,” het Rantho ge­sê. )

“Die E­s­kom­di­rek­sie is . . . deel van ’n sa­me­swe­ring om E­s­kom tot voor­deel van ’n paar te kaap.” – Pra­vin Gord­han

“Die ANC doen ’n be­roep op die re­ge­ring en die par­le­ment om be­slis­send op te tree.” – Zi­zi Kod­wa L­le­wel­lyn P­rin­ce

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.