‘Lang mes­se is uit teen Zu­ma’

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Dit is nie ver­ge­sog dat ’n mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma op die na­week se ver­ga­de­ring van die na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) van die ANC in Cen­tu­ri­on op­nuut be­spreek kan word nie, sê die po­li­tie­ke ont­le­der T­heo Ven­ter.

Twee on­ge­ï­den­ti­fi­seer­de se­ni­or ANC-amp­te­na­re het aan die nuus­a­gent­skap Bloom­berg ge­sê die ver­wy­de­ring van Zu­ma sal op die ver­ga­de­ring be­spreek word.

“Ek dink nie dis ver­ge­sog nie,” het Ven­ter in re­ak­sie daar­op ge­sê. “In No­vem­ber ver­le­de jaar, toe ’n mo­sie van wan­troue die eer­ste keer be­spreek is, was daar nie ’n kans nie, maar din­ge het se­dert­dien baie ver­an­der.

“Dink maar aan die om­stre­de ka­bi­net­s­kom­me­ling waar Pra­vin Gord­han (as mi­nis­ter van fi­nan­sies) af­ge­dank is, so­wel as die ge­beu­re van die laas­te paar we­ke, soos by­voor­beeld die kre­die­taf­gra­de­ring tot rom­mel­sta­tus.”

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof is tans be­sig om ’n aan­soek van die EFF aan te hoor dat par­le­ments­le­de in ’n mo­sie van wan­troue teen Zu­ma ’n ge­hei­me stem mag uit­bring.

“Ná sy af­dan­king het Gord­han ge­sê ons moet na die gro­ter prent­jie kyk.

“Die af­ge­lo­pe paar we­ke het dit dui­de­lik ge­word die teen­stand teen Zu­ma het in en bui­te die ANC al hoe gro­ter be­gin word.

“Die ANC se twee al­li­an­sie­ven­no­te, die SAKP en Co­sa­tu, het by meer as een ge­leent­heid ge­sê Zu­ma moet waai. Die par­le­men­tê­re kou­kus van die ANC is dui­de­lik ook teen Zu­ma.

“Dit was van­dag (gis­ter) weer dui­de­lik met die ver­ga­de­ring van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings oor E­s­kom se be­sluit om B­ri­an Mo­le­fe weer as sy uit­voe­ren­de hoof aan te stel.

“Die slag­or­des in die an­ti-Zu­ma­kamp is be­sig om mo­men­tum te kry. Die lang mes­se is uit,” het Ven­ter ge­sê.

“My in­lig­ting is dat daar in die top­ses van die NUK ook groot span­ning oor Zu­ma is.

“Tog kry ek die ge­voel dat die NUK sal be­sluit om Zu­ma in be­lang van die ANC eers in De­sem­ber ná die lei­ers­ver­kie­sing te ver­vang.”

Die rand het gis­ter­mid­dag selfs R13,02 teen­oor die dol­lar ge­haal ná die Bloom­berg-be­rig dat ANC-lei­ers die na­week gaan be­spreek of Zu­ma uit sy pos ver­wy­der moet word.

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, het ont­ken die saak sal die na­week be­spreek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.