Fi­nan­si­ë­le ver­knor­sing knou wa­ter­pro­jek­te

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Be­plan­de wa­ter­pro­jek­te, ver­al op mu­ni­si­pa­le vlak, gaan af­ge­skeep word weens die fi­nan­si­ë­le ver­knor­sing van so­wat R3,5 mil­jard waar­in die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie is.

Werk aan pro­jek­te soos die Clan­wil­li­am­dam in die Wes-Kaap en U­m­zim­vu­bu­dam in die Oos-Kaap sal nie hier­deur ge­raak word nie.

Par­le­ments­le­de het gis­ter ge­hoor die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie het kon­trak­teurs teen 31 Maart van­jaar R1,5 mil­jard ge­skuld wat hy nie kon be­taal nie. Die de­par­te­ment het ook ’n be­gro­tings­te­kort van R2 mil­jard vir die hui­di­ge boek­jaar vir diens­te wat hy by die wa­ter­han­del­sen­ti­teit moet oor­neem.

Dié in­lig­ting het op ’n ver­ga­de­ring van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor wa­ter en sa­ni­ta­sie aan die lig ge­kom toe die ver­teen­woor­di­gers van on­der meer die de­par­te­ment, na­si­o­na­le te­sou­rie en die kan­toor van die ou­di­teur-ge­ne­raal die de­par­te­men­te­le be­gro­ting en jaar­lik­se pres­ta­sie­plan be­spreek het.

Si­fi­so Mk­hi­ze, fi­nan­si­ë­le hoof, het aan die ko­mi­tee ge­sê die R1,5 mil­jard wat aan kon­trak­teurs ge­skuld word, sal ’n ne­ga­tie­we im­pak op die hui­di­ge toe­ge­ken­de be­gro­ting hê om­dat dit die be­gro­ting sal ver­min­der. Die de­par­te­ment sal sy uit­ga­wes moet her­pri­o­ri­ti­seer.

Hy het ge­sê daar sal na toe­ken­nings aan mu­ni­si­pa­le pro­jek­te van die de­par­te­ment ge­kyk word waar­oor hul­le dis­kre­sie het. Pro­jek­te wat ge­raak sal word, sal dié in­sluit waar­mee daar nog nie be­gin is nie. “Ons het be­sluit om die pro­jek­te te vol­tooi wat reeds aan die gang is pleks daar­van om nu­we pro­jek­te te be­gin.”

Pa­trick C­hau­ke, ANC-LP, wou weet waar­om die in­ter­ne ou­dit- en ri­si­ko­ko­mi­tees die pro­ble­me nie vroe­ër ge­ï­den­ti­fi­seer het nie.

Leon Basson, DA-LP, wou weet hoe die de­par­te­ment die R1,5 mil­jard gaan be­taal. “My be­kom­mer­nis is dat die R1,5 mil­jard vol­gen­de jaar tot R2 mil­jard sal groei.”

Hy het ná die ver­ga­de­ring ge­sê daar is mu­ni­si­pa­li­tei­te wat vir geld aan­soek ge­doen het vir die pro­jek­te en nou is die geld nie meer be­skik­baar nie. “Die mu­ni­si­pa­li­teit neem sy ge­ïn­te­greer­de ont­wik­ke­lings­plan na die ge­meen­skap en keur dit goed. Die de­par­te­ment sal nou moet te­rug­gaan na die mu­ni­si­pa­li­teit en sê ‘ons sal nie meer die ri­ool­wer­ke of wa­ter­sui­we­rings­aan­leg kan fi­nan­sier nie om­dat ons nie vir dié boek­jaar geld daar­voor het nie’.

“Die ge­meen­skap ly on­der die swak be­stuur van die de­par­te­ment. Die ge­volg is dat men­se gaan be­toog, want die diens­te wat aan hul­le be­lo­we is, gaan nie werk­lik­heid word nie om­dat daar nie geld daar­voor is nie.”

My be­kom­mer­nis is dat die R1,5 mil­jard vol­gen­de jaar tot R2 mil­jard sal groei. — LEON BASSON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.