Gau­teng bou hui­se dat dit hop, wys ver­slag

Beeld - - Nuus - – Sa­rel van der Walt

Die Gau­teng­se re­ge­ring het van 1994 tot ver­le­de jaar 1,2 mil­joen Hop-hui­se ge­bou.

Dit is 31% van die Hop-hui­se wat land­wyd ge­bou is, lui ’n me­di­um­ter­myn­ver­slag wat Gau­teng gis­ter uit­ge­reik het.

Sy mik­punt is nou om vol­hou­ba­re ne­der­set­tings te bou en nie net Hop-hui­se nie, sê die Gau­teng­se re­ge­ring in ’n ver­kla­ring.

Daar is reeds met die p­ri­va­te sek­tor oor­een­ge­kom om 31 me­ga-ne­der­set­tings te bou om men­se na­der aan e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de te bring, sê Da­vid Mak­hu­ra, pre­mier, lui­dens die ver­kla­ring.

Die Gau­teng­se re­ge­ring werk ook met die p­ri­va­te sek­tor en mu­ni­si­pa­li­tei­te saam om plek­ke soos Sa­van­nah Ci­ty in De Deur, S­teyn Ci­ty en Wa­ter­fall Ci­ty in Mid­rand en Vaal Ri­ver Ci­ty in die Vaal­drie­hoek op te rig.

In Gau­teng het 97% van die men­se nou toe­gang tot wa­ter, 91% het sa­ni­ta­sie, 84% het e­lek­tri­si­teit en 91% het vul­lis­ver­wy­de­ring.

Ar­moe­de in die pro­vin­sie het van 10,5% in 2011 tot 4,6% ver­le­de jaar af­ge­neem.

Tog is daar nog baie ar­moe­de in die pro­vin­sie, met 16,5% van huis­hou­dings wat geen in­kom­ste het nie. Voorts het 16,3% van huis­hou­dings nie el­ke dag kos nie.

Mak­hu­ra sê die groot­ste ar­moe­de kom aan die Wes-Rand en in die Vaal­drie­hoek voor.

Se­dert Ju­lie ver­le­de jaar het Mak­hu­ra, le­de van sy uit­voe­ren­de ko­mi­tee en bur­ge­mees­ters met 77 ge­meen­skap­pe en rol­spe­lers ver­ga­der om diens­le­we­ring te ver­be­ter, sê die pro­vin­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.