‘Mon­ster’ in dam af­ge­neem

‘Po­f­ad­ders kan wel ki­lo­me­ters ver swem’

Beeld - - Nuus - C­har­les S­mith

Roei­ers het die na­week ’n ys­li­ke pof­ad­der ge­waar wat klaar­blyk­lik heel ge­mak­lik ki­lo­me­ters ver deur die Ga­riep­dam swem.

Ju­lie Lundt het die fo­to’s van die swem­men­de rep­tiel op die Fa­ce­book-blad S­na­kes of South A­fri­ca ge­plaas. Dis dui­de­lik op die fo­to’s dat die slang nog ver het om na die oor­kant­ste oe­wer te swem.

Sy wou van ken­ners weet of dit wel ’n pof­ad­der is en hoe ver hul­le kan swem.

“Ons het nie te lank na­by hom ver­wyl nie om­dat ons hom nie ge­span­ne wou maak nie. Dit het ge­lyk as­of hy vir die oor- kant­ste wal mik, wat nog ver was.”

Lu­ke Kemp, ’n slang­ken­ner, het ge­ant­woord dis wel ’n pof­ad­der.

“Die mees­te slan­ge kan be­trek­lik goed swem en po­f­ad­ders is baie le­wen­di­ge slan­ge. Wat af­stand be­tref, kan hul­le swem en op die wa­ter dryf wan­neer hul­le moeg is.”

Die fo­to het baie re­ak­sie ont­lok. Men­se wou weet of slan­ge ook in die nag sal swem, of hul­le on­der­wa­ter swem en of hul­le vis vang.

Een le­ser het hom die “Ga­riep-mon­ster” ge­doop om­dat hy soos ’n klein Loch Ness-mon­ster in die wa­ter lyk.

Pe­ter Vic­ke­ry skryf slan­ge kan hul­self op­krul in die wa­ter en só dryf en selfs aan die slaap raak. Hy het dit baie ge­sien met slan­ge wat in hul swem­bad ge­val het, hoe­wel hy nie se­ker is van po­f­ad­ders nie.

S­te­phen Put­te­rill het ge­ant­woord die pof­ad­der sal be­slis die vol­le breed­te van die Ga­riep­dam kan swem. Hy het al baie ge­sien wat deur dam­me swem.

Hy het op ’n vraag van De­on Min­naar ge­waar­sku dat die slan­ge men­se wel kan byt ter­wyl hul­le swem, hoe­wel nie so goed soos op land nie.

S­te­phen Moll skryf hy weet van ver­skeie ke­re dat roei­ers po­f­ad­ders in Vals­baai ge­sien het waar hul­le in die see swem.

Jo­han Ma­rais, ’n slang­ken­ner van P­re­to­ria en hoof van die A­fri­ka-slang­by­t­in­sti­tuut, het by na­vraag ge­sê po­f­ad­ders kan ki­lo­me­ters ver swem en op die op­per­vlak dryf.

“Dit is nie ongewoon nie. Hul­le eet wel nie vis nie. Slan­ge soos lui­slan­ge, wa­ter­slan­ge en ko­bras swem ook on­der­wa­ter.”

Fo­to: JU­LIE LUNDT

Die swem­men­de pof­ad­der is die na­week deur Ju­lie Lundt af­ge­neem toe sy in die Ga­riep­dam ge­roei het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.