Oor­le­wen­des van he­li­on­ge­luk be­ter

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Die toe­stand van die twee oor­le­wen­des van die he­li­kop­ter-on­ge­luk Vry­dag by Heil­bron in die Vry­staat het ver­be­ter.

Al­bei word in die ho­ë­sorg­een­heid van die Ne­t­ca­re U­nie-hos­pi­taal in Al­ber­ton ver­pleeg.

Louw De­a­le (49) se toe­stand is in die al­ge­meen be­ter.

Die ven­ti­la­tor is gis­ter ver­wy­der so­dat hy self kan a­sem­haal, sê sy broer, Cron­jé.

Vol­gens hom gaan dit ook heel­wat be­ter met Douw Went­zel (14), wat Maan­dag ’n rug­o­pe­ra­sie on­der­gaan het.

Dit lyk as­of die o­pe­ra­sie ge­slaag het, sê hy. Douw het sy to­ne gis­ter ef­fens be­weeg, wat ’n goeie te­ken is.

Douw se pa, Douw sr. (47), ’n me­ga­boer van die dis­trik Cor­ne­lia, en Louw De­a­le se seun An­dré (14) is op die to­neel dood ver­klaar.

Die twee boe­re en hul seuns was Vry­dag om­streeks 17:30 op pad te­rug van die Nam­po-oes­fees by Bot­ha­vil­le toe die R44he­li­kop­ter op die plaas Brak­dam by Heil­bron neer­ge­stort het.

Cron­jé sê die be­graf­nis­se sal nie van­dees­week ge­hou word nie om­dat die fa­mi­lies eers wag dat die twee oor­le­wen­des be­ter word so­dat hul­le dit kan by­woon.

Dr. Ri­aan Ger­ber van die NG Moe­der­kerk V­re­de het Maan­dag vir die ge­skok­te leer­lin­ge van die Ho­ër­skool V­re­de ’n troos­diens by die skool ge­hou.

Dr. Da­wie Bo­tes, pre­di­kant van die NG kerk V­re­de-Wes, sê hy het An­dré baie goed ge­ken.

“Hy was so be­gaaf dat hy ’n pre­si­dent van die land kon word. Wan­neer ’n ta­lentaand by die skool ge­hou is, het hy met ’n pak be­kers huis toe ge­gaan.

“Hy was ’n ne­de­ri­ge, maar on­ge­loof­lik be­gaaf­de kind wat ’n voor­beeld in sy ge­loof vir die ge­meen­skap was.

“Hoe­wel hy waar­skyn­lik nie ’n po­li­tie­ke loop­baan sou ge­kies het nie, was hy be­slis ’n ge­bo­re lei­er met ’n won­der­li­ke per­soon­lik­heid. Hy was ook ’n goeie sport­man.”

Ds. Jo­han Kemp van die NG kerk Cor­ne­lia sê Went­zel sr. was ’n hard­wer­ken­de en voor­uit­stre­wen­de boer. Hy laat ook sy vrou, Ve­ran­da, en dog­ter, Mané, ag­ter.

An­dré De­a­le, wat in die on­ge­luk dood is, en sy pa, Louw, wat in die Ne­t­ca­re U­nie­hos­pi­taal in Al­ber­ton aan­sterk.

Douw Went­zel sr., wat in die on­ge­luk dood is, en sy seun, Douw jr., wat in die hos­pi­taal aan­sterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.