‘Ek sal ge­tui­es dood­maak’

Ver­dag­te in sop oor hy glo só dreig

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Een van die be­skul­dig­des in die moord op twee plaas­wer­kers het glo die na­week ge­dreig om van die staats­ge­tui­es dood te maak.

Gis­ter het die staat aan­soek ge­doen dat An­ton Log­gen­berg se borg­tog te­rug­ge­trek word om­dat hy met dié be­weer­de drei­ge­ment sy borg­tog­voor­waar­des oor­tree het.

Log­gen­berg het na be­we­ring Sa­ter­dag in ’n sel­foon­ge­sprek met Ok­kie van Zyl, wat ver­le­de week vir die staat ge­tuig het, ge­sê hy sal die art. 204-ge­tui­es dood­maak.

Van Zyl het kapt. Fran­cois Laux toe glo laat weet.

Van Zyl is nie ’n art. 204-ge­tuie nie. Sul­ke ge­tui­es is self aan ’n mis­daad aan­da­dig en kan hul­le in die hof in­kri­mi­neer.

Die Val­ke se on­der­soek­span het gis­ter die klag teen Log­gen­berg in­ge­dien.

Land­dros Gus­tav Prins­loo, van die na­bu­ri­ge dorp V­re­de­fort, het hom ont­trek aan die aan­soek om Log­gen­berg se borg­tog te­rug te trek. Hy het ge­sê daar was in 2016 be­swa­re toe hy van die be­skul­dig­des se borg­to­gaan­soe­ke moes aan­hoor.

’n An­der land­dros is toe ge­re­ël om die staat se aan­soek van­og­gend aan te hoor.

Log­gen­berg is in Ja­nu­a­rie 2016 op borg­tog vry­ge­laat.

Hy en nog vyf mans van die dis­trik, Boe­ta van der West­hui­zen (47), sy seun, Loe­die jr. (19), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), Log­gen­berg se seun, Cor (20), en kapt. Henk Prins­loo (47) word van die moord op Si­mon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28) aan­ge­kla.

Ju­be­ba en T­jixa is op 6 Ja­nu­a­rie 2016 deur ’n groot groep men­se aan­ge­keer na­dat die boer Loe­die van der West­hui­zen sr. van die Wei­veld-ge­bied bui­te Parys be­weer het hul­le het hom aan­ge­val.

Die staat voer aan hul­le is weens aan­ran­ding dood.

Die moord­ver­hoor sal van­dag kan voort­gaan in­dien die aan­soek om Log­gen­berg se borg­tog te­rug te trek, af­ge­han­del word.

Maan­dag het nóg ’n art. 204ge­tuie, Fa­nie Oost­hui­zen, ge­tuig: “Dit is nie mak­lik om hier te staan nie; die men­se kryt ons vir ver­raai­ers en rug­ste­kers uit.”

An­ton Log­gen­berg gis­ter kort na­dat hy in die hof ge­hoor het die staat wil aan­soek doen dat sy borg­tog te­rug­ge­trek word. Fo­to’s: A­LET VAN DER WALT

Ok­kie van Zyl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.