Hen­ri se ‘har­sing­skud­ding’ ná moor­de in soek­lig

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Toe Hen­ri van B­re­da die og­gend ná die moord op sy ou­ers en broer nom­mers van nood­diens­te op sy sel­foon ge­goo­gle het, het hy die woor­de “e­mer­gen­cy num­bers” ver­keerd in­ge­tik.

Dit is vol­gens adv. Pie­ter Bo­tha, sy regs­ver­teen­woor­di­ger, ’n aan­dui­ding dat hy har­sing­skud­ding ge­had het.

Hy het ook be­heer oor sy blaas ver­loor en die be­we­ging van sy pu­pil­le was sta­dig, het Bo­tha in kruis­on­der­vra­ging aan dr. Ma­ri­an­ne Tie­mens­ma, fo­ren­sie­se en me­die­se ken­ner, ge­sê.

Sy het ver­le­de week met haar ge­tui­e­nis in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad be­gin, maar dit is toe tot gis­ter uit­ge­stel om­dat Van B­re­da se ver­de­di­ging­span hul eie pa­to­loog ty­dens haar ge­tui­e­nis in die hof teen­woor­dig wou hê.

Van B­re­da staan te­reg op aan­klag van moord op sy ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en sy broer, Ru­di, en van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li. Hy ont­ken skuld. Vol­gens sy pleit­ver­dui­de­li­king het ’n in­bre­ker sy ge­sin met ’n byl aan­ge­val en hom met ’n mes ge­steek.

Na­dat hy met die aan­val­ler ge­stoei en dié ge­vlug het, het hy met die trap na ’n boon­ste ver­trek pro­beer klim, voer hy aan.

Toe hy sy ma in ’n plas bloed sien lê, het hy flou ge­word en teen die trap af­ge­val.

Vol­gens Bo­tha het Van B­re­da so­wat twee uur lank be­wus­te­loos ge­lê voor­dat hy by­ge­kom en nood­diens­nom­mers op sy sel­foon pro­beer soek het.

Tie­mens­ma het vroe­ër die dag ge­tuig wan­neer ie­mand flou word, sal hy nie lan­ger as ’n mi­nuut be­wus­te­loos wees nie.

As die per­soon lan­ger as ’n mi­nuut be­wus­te­loos is, het hy ’n erns­ti­ge brein­be­se­ring.

Daar is nooit aan­ge­te­ken dat Van B­re­da ’n erns­ti­ge brein­be­se­ring op­ge­doen het nie.

Tie­mens­ma het ook ge­sê Van B­re­da het self die won­de aan sy arm en bors­kas toe­ge­dien.

Sy het ge­sê die won­de is te pa­ral­lel, een­ders en ewe diep.

Die steek­wond aan sy sy kon moont­lik ook deur hom­self toe­ge­dien ge­wees het, maar nie die be­se­rings aan sy kop, rug en knie nie, het sy ge­tuig.

Bo­tha meen die val en ge­volg­li­ke stamp teen Van B­re­da se kop kon har­sing­skud­ding ver­oor­saak het.

Hy het Tie­mens­ma ge­vra of die feit dat Van B­re­da be­heer oor sy blaas ver­loor het en die sta­di­ge be­we­ging van sy pu­pil­le aan har­sing­skud­ding toe­ge­skryf kan word.

Tie­mens­ma het toe­ge­gee dit kan so wees, maar ge­sê daar is ook an­der ver­dui­de­li­kings. Sy pu­pil­le kon sta­dig be­weeg het as ge­volg van dwelm­ge­bruik.

Sy meen Van B­re­da het ge­weet wat hy doen toe hy nood­nom­mers ge­soek het, hoe­wel hy die woor­de ver­keerd ge­spel het.

Die verhoor duur voort.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Dr. Ma­ri­an­ne Tie­mens­ma in die ge­tui­e­bank in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ty­dens ’n tee­pou­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.