Borg­tog vir man wat 3 glo met bak­kie dood­ry

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Drie ANC-le­de wat na ’n po­li­tie­ke saam­trek in Ses­he­go na­by Po­lo­kwa­ne op pad was, is dood toe ’n ver­meen­de dronk­be­stuur­der hul­le met sy bak­kie ge­tref het.

No­ra Koe­nai­te, Vi­o­let Ledwa­ba en Ma­vis M­mo­noa het Sa­ter­dag langs die Mat­la­la­pad bui­te Ses­he­go ge­wag op ’n taxi om hul­le na ’n ANC-saam­trek te vat.

Hul­le is op slag dood en nog twee vroue is baie erns­tig be­seer.

Nocks Se­a­bi, se­kre­ta­ris van die ANC in Lim­po­po, het die par­ty se skok oor die voor­val uit­ge­spreek.

“Hul­le was toe­ge­wy­de ANC- le­de wat die ANC se Mo­lo Mak­hel­wa­ne-veld­tog in die Seg­opye-ne­der­set­ting sou by­woon.”

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê Si­mon P­huk­hu­bye (53), wat die Nis­san NP 200 be­stuur het, is in heg­te­nis ge­neem.

P­huk­hu­bye het Maan­dag vlug­tig in die land­dros­hof in Ses­he­go ver­skyn op aan­klag van straf­ba­re man­slag, dronk­be­stuur en roe­ke­lo­se en/of na­la­ti­ge be­stuur.

Hy is op borg­tog van R1 000 vry­ge­laat en moet op 28 Ju­lie weer in die land­dros­hof in Ses­he­go ver­skyn.

Se­a­bi het ’n be­roep op ANC­le­de in Lim­po­po ge­doen om die drie oor­le­de­nes as hel­din­ne te eer en hul ge­sin­ne by te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.