Vrae oor fo­to van ka­det­te en wa­pens

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

’n Fo­to, o­ën­skyn­lik van po­li­sie­ka­det­te wat met vuur­wa­pens po­seer, maak op­slae.

Ma­ri­us Re­de­ling­huys, DA-LP en -woord­voer­der oor po­li­sie, sê dit is ’n kom­mer­wek­ken­de de­mon­stra­sie van die on­ver­ant­woor­de­li­ke han­te­ring van ’n vuur­wa­pen.

Die fo­to het op 19 Mei op T­wit­ter ver­skyn.

Die groep po­seer met vuur­wa­pens, o­ën­skyn­lik bui­te ’n po­li­sie­kan­toor.

Hul na­me is nie be­kend nie en ook nie die om­stan­dig­he­de waar­in die fo­to ge­neem is nie.

Dit moet ka­det­te wees, want hul­le het nie rang­la­pel­le aan hul u­ni­forms nie, sê Re­de­ling­huys. Daar is ook geen i­den­ti­fi­seer­ba­re ken­mer­ke op die ag­ter­grond wat kan help om vas te stel waar die fo­to ge­neem is nie.

Re­de­ling­huys sê die han­te­ring van vuur­wa­pens is baie pro­ble­ma­ties, ook deur ka­det­te en leer­ling­be­amp­tes, en die po­li­sie moet se­ker maak dat dit in op­lei­dings­pro­gram­me aan­dag kry.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, se kan­toor is om kom­men­taar ge­na­der, maar het nog nie ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.