Pa laai ont­voer­de ba­ba by haar ou­ma af en vlug

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

Die agt maan­de oue ba­ba­mei­sie wat ver­le­de week na be­we­ring deur haar pa uit haar ma se mo­tor ge­gryp is, is eer­gis­ter­aand met haar fa­mi­lie her­e­nig.

Kapt. Mat­thews N­ko­a­di, po­li­sie­woord­voer­der, sê die ver­dag­te het Re­go­pot­soe Mo­re eer­gis­ter­aand by haar ou­ma af­ge­laai na­dat hy vyf dae lank met die kind ver­dwyn het. Hy het daar­na weer ge­vlug. “Die ou­ma het die ba­ba na die po­li­sie ge­vat wat haar toe vir ’n me­die­se on­der­soek ge­neem het.”

N­ko­a­di sê die ba­ba lyk ge­sond en daar is geen te­ken van mis­han­de­ling nie. Die pa word nog op ’n klag van men­se­roof ge­soek, sê N­ko­a­di.

Dié fo­to, o­ën­skyn­lik van po­li­sie­ka­det­te wat met vuur­wa­pens po­seer, is op T­wit­ter ge­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.