Me­tro er­ken dié stel­sel is in kri­sis

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Die pro­ble­me met die Jo­han­nes­burg-me­tro se re­ke­ning­stel­sel neem kri­sis­af­me­tings aan, er­ken dr. Ra­be­la­ni Da­ga­da, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir fi­nan­sies.

Dit is die ge­volg van baie ver­an­de­rin­ge in die “in­kom­ste­waar­de­ket­ting” wat nie be­hoor­lik be­stuur is nie, het hy gis­ter in sy begrotingsrede ge­sê.

“Die in­te­gra­sie van 16 mu­ni­si­pa­le ra­de in ’n en­ke­le me­tro was die eer­ste ver­an­de­ring wat ge­lei het tot on­vol­doen­de re­ke­ning­da­ta. Daar­by is die SAP-stel­sel wat as deel van die P­ha­ka­ma-pro­jek in­ge­stel is, swak be­stuur.”

Die nu­we ad­mi­nis­tra­sie het die stel­sel in­tus­sen on­der­soek en stap­pe be­gin om dit reg te stel.

’n Teg­nie­se on­der­steu­nings­diens word in­ge­stel en ’n “se­nu­stel­sel” sal die “in­kom­ste­waar­de­ket­ting” deu­ren­tyd mo­ni­tor en vas­stel waar pro­ble­me op­duik.

Die me­tro se de­par­te­ment van fi­nan­sies werk in­tus­sen ten nou­ste met die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke en in­fra­struk­tuur­diens­te saam om vas te stel of dit moont­lik sal wees om die tyd­perk te ver­kort waar­in mu­ni­si­pa­li­tei­te toe­ge­laat word om le­sin­gra­mings te doen.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Dr. Ra­be­la­ni Da­ga­da, die Jo­han­nes­burg­se me­tro­raad se bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir fi­nan­sies, le­wer gis­ter sy begrotingsrede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.