Dáárom is myn­reg in be­waar­de a­rea ge­gee

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke meen Ma­bo­la, ’n sen­si­tie­we, wa­ter­ry­ke ge­bied bui­te Wak­ker­stroom, is net ’n ge­wo­ne be­waar­de ge­bied en daar­om mag A­tha A­fri­ca steen­kool daar myn.

Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, het om­ge­wings­goed­keu­ring vir myn­bou in dié be­waar­de ge­bied ge­gee.

Twee we­ke ge­le­de het T­ho­mas Ha­de­be, DA-woord­voer­der oor om­ge­wing­sa­ke, Mo­le­wa se ad­junk, Bar­ba­ra T­hom­son, en haar amp­te­na­re in die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor om­ge­wing­sa­ke hier­oor uit­ge­trap.

Ha­de­be het ge­sê die de­par­te­ment maak ’n be­spot­ting van be­wa­ring en voer nie hul man­daat uit nie.

As myn­bou in Ma­bo­la voort­gaan, sal dit ’n ge­vaar­li­ke pre­se­dent vir an­der be­waar­de ge­bie­de in Suid-A­fri­ka skep, sê Ha­de­be.

Die de­par­te­ment sê geen myn­bou mag in “wet­ti­ge” be­waar­de ge­bie­de soos na­tuur­re­ser­va­te, na­si­o­na­le par­ke, spe­si­a­le na­tuur­re­ser­va­te, die kern­ge­bied in ’n bi­o­sfeer­re­ser­vaat en Wê­reld­er­fe­nis­ge­bie­de plaas­vind nie.

Die de­par­te­ment het nie goed­keu­ring ge­gee vir myn­bou in ’n ge­bied waar dit on­wet­tig sou wees om te myn nie, lui die ver­kla­ring.

Uit­ge­brei­de, mo­der­ne wet­te, soos die Na­si­o­na­le Om­ge­wings­be­stuurs­wet (Ne­ma), rig die de­par­te­ment se be­na­de­ring tot na­tuur­li­ke hulp­bron­ne.

Om­ge­wings­im­pak­stu­dies word ook ge­doen, lui die ver­kla­ring.

“Die mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke en van wa­ter en sa­ni­ta­sie het ná ver­skeie oor­we­gings goed­keu­ring vir dié myn ge­gee.”

Die de­par­te­ment sê A­tha A­fri­ca het die pro­spek­teer­reg­te vir Ma­bo­la in 2011 by BHP Bil­li­ton oor­ge­neem. Die de­par­te­ment is oor­tuig daar­van dat A­tha A­fri­ca die ge­bied be­hoor­lik sal re­ha­bi­li­teer wan­neer hy sy be­dry­wig­he­de staak.

A­tha A­fri­ca het glo ban­de met twee neefs van pres. Ja­cob Zu­ma.

Ver­skeie om­ge­wings­or­ga­ni­sa­sies werk saam en is be­sig met reg­stap­pe teen die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke, van wa­ter en sa­ni­ta­sie, en van mi­ne­ra­le bron­ne om­dat A­tha A­fri­ca se myn­plan­ne goed­ge­keur is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.