‘Bood­skap­pe ver­war’

Ver­volg mid­del­man­ne en groot­kop­pe, sê or­ga­ni­sa­sie

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke ver­loor die oor­log teen re­nos­ter­stro­pers en sluik­han­de­laars om­dat die sleu­tel-rol­spe­lers in dié on­der­wê­reld nie be­hoor­lik ver­volg word nie en die re­ge­ring ge­meng­de bood­skap­pe aan die ver­brui­kers­lan­de, C­hi­na en Vi­ët­nam, oor­dra.

So lui die ver­slag “Fai­lu­re to Pro­se­cu­te and Mixed Mes­sa­ges”, wat Wil­dAid ein­de ver­le­de week ge­pu­bli­seer het.

Die be­wa­rings­or­ga­ni­sa­sie kri­ti­seer die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke oor sy on­lang­se be­sluit om bui­te­lan­ders toe te laat om in die toe­koms “twee re­nos­ter­ho­rings elk vir per­soon­li­ke doel­ein­des land­uit te vat”.

Wil­dAid meen die kri­sis met renosterstropery word aan­ge­vuur deur kor­rup­sie, pro­se­du­re­le on­ver­moë en vol­ge­houe mis­luk­kings om die mid­del­man­ne en die groot­kop­pe in die sluik­han­del­ket­ting te ver­volg.

Lui­dens die ver­slag het die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke ook die ver­eis­tes van die kon­ven­sie oor die han­del in be­dreig­de fau­na en flo­ra (Ci­tes) gesystap deur die op­hef­fing van die mo­ra­to­ri­um op bin­ne­land­se han­del in re­nos­ter­ho­ring en deur bui­te­lan­ders toe te laat om ho­rings in die toe­koms land­uit te neem.

Wil­dAid sê dié stap­pe dra ge­meng­de bood­skap­pe aan A­si­a­tie­se ver­brui­kers oor.

Suid-A­fri­ka se re­ak­sie op die oor­log op re­nos­ters is “pa­ra­mi­li­tê­re in­gry­ping” teen die stro- pers, ter­wyl daar feit­lik geen op­tre­de is teen die mid­del­man­ne en die groot­kop­pe wat mil­joe­ne ran­de uit hier­die mis­daad ver­dien nie, lui die ver­slag.

Die laas­te paar jaar was daar dank­sy die be­wus­ma­kings­i­ni­sia- tie­we be­son­de­re voor­uit­gang aan die “ver­brui­kers­kant” in A­sië.

Dank­sy be­wus­ma­kings­veld­tog­te, waar­aan Wil­dAid ak­tief deel­ge­neem het, het die straat­waar­de van re­nos­ter­ho­ring se­dert 2014 met so­wat 50% ge­val, sê die or­ga­ni­sa­sie.

Boon­op is Vi­ët­nam be­sig om wet­ge­wing op te stel wat die ver­koop van re­nos­ter­ho­ring sal ver­bied.

Uit ’n pei­ling wat Wil­dAid daar ge­doen het, blyk dit 74% van Vi­ët­na­me­se, teen­oor 31% in 2014, weet nou re­nos­ters word vir hul ho­rings dood­ge­maak.

Net 9,4% glo nou dat re­nos­ter­ho­ring kan­ker kan ge­nees en 72% het ge­sê hul­le sal die ho­ring nie koop nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.