MeerKAT se eer­ste ob­ser­va­sies ’n suk­ses

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

MeerKAT is nou half­pad klaar en het reeds sy eer­ste suk­ses­vol­le ruim­te­waar­ne­mings ge­doen.

Tot nou toe is 32 van die te­le­skoop, wat die voor­lo­per van die S­qua­re Ki­lo­me­ter Ar­ray (SKA) is, se skot­te­l­an­ten­nas op­ge­rig.

Lui­dens ’n voor­leg­ging van die SKA sal al 64 skot­te­l­an­ten­nas teen Maart 2018 vol­tooi wees, drie maan­de la­ter as wat aan­vank­lik be­plan is.

Een van die eer­ste beel­de wat die 32 an­ten­nas ge­neem het, is van die ster­re­stel­sel M83, wat op 23 Fe­bru­a­rie 1752 uit Kaap­stad raak­ge­sien is deur Ni­co­las Lou­is de La­cail­le.

De La­cail­le het na die Kaap van Goeie Hoop ge­kom om die af­stand tus­sen die pla­ne­te te meet.

Hy het met die hulp van die goe­wer­neur, Ryk Tul­bagh, ’n ster­re­wag in Ta­fel­baai op­ge­rig.

Bin­ne twee jaar het hy by­na 10 000 ster­re en 42 ster­ne­wels ont­dek.

Die beeld van M83 wat MeerKAT ge­neem het, wys meer be­son­der­he­de as vo­ri­ge waar­ne­mings sê dr. Fer­nan­do Ca­mi­lo, SKA Suid-A­fri­ka se hoof­we­ten­skap­li­ke.

MeerKAT het ook sy eer­ste reu­se­ra­di­o­ster­re­stel­sel op­ge- spoor en ’n sker­per beeld ge­neem van ’n deel van die Melk­weg waar nu­we ster­re be­sig is om te vorm.

Na­le­di Pan­dor, mi­nis­ter van we­ten­skap en teg­no­lo­gie wat die ter­rein be­soek het, sê die de­par­te­ment sal in die boek­jaar R693 mil­joen oor­dra vir die vol­tooi­ing van MeerKAT.

Die SKA sal die wê­reld se groot­ste en vin­nig­ste ra­di­o­te­le­skoop wees.

Fo­to: MEERKAT, SKA SA

Die eer­ste ra­di­o­beeld (regs) wat MeerKAT met sy 32 skot­te­l­an­ten­nas van ’n spi­raal­ster­re­stel­sel ge­neem het. Die beeld links is met ’n op­tie­se te­le­skoop ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.