OJ Simp­son dalk van­jaar vry op pa­rool

Beeld - - Nuus - – News24Wi­re, AFP

Die voor­ma­li­ge A­me­ri­kaan­se voet­bal­ster OJ Simp­son kan van­jaar vry­ge­laat word ná by­na ’n de­ka­de in die tronk.

Simp­son kom in Ju­lie in aan­mer­king vir pa­rool, het Ne­va­da se de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te Maan­dag ge­sê. ’n Da­tum vir die pa­rool­ver­hoor is nog nie vas­ge­stel nie.

Hy is in 2008 tot 33 jaar tronk­straf ge­von­nis weens ’n roof­tog en ont­voe­ring in Las Ve­gas.

In 1994 is Simp­son vry­ge­spreek op aan­klag van moord op Ni­co­le Bro­wn-Simp­son, sy voor­ma­li­ge vrou, en Ron Gold­man, haar vriend.

Die hof het hom in 1997 in ’n si­vie­le regs­ge­ding be­veel om $33,5 mil­joen aan die twee slag­of­fers se fa­mi­lies te be­taal na­dat be­vind is hy is aan­spreek­lik vir die twee sterf­tes.

Pa­rool is in 2013 aan Simp­son toe­ge­staan op van die aan­klag­te ra­ken­de die roof­tog en ont­voe­ring, maar hy moes nog min­stens vier sa­me­lo­pen­de von­nis­se uit­dien.

As pa­rool aan hom toe­ge­staan word, kan hy lui­dens be­rig­te in Ok­to­ber vry­ge­laat word.

Fo­to: REU­TERS

OJ Simp­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.