S­terk wind stel SA vroue se aan­slag op E­ve­rest uit

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

’n S­terk wind het die Suid-A­fri­ka­ner Sa­ray K­hu­ma­lo Maan­dag ver­plig om haar aan­slag op E­ve­rest se piek uit te stel.

Sy sal nou by kamp 4 wag tot­dat die wind be­daar het, maar sy is nog s­terk en vas­be­slo­te om die piek te be­reik, het Sa­rie­ta S­chultz, haar woord­voer­der in Suid-A­fri­ka, gis­ter­og­gend ge­sê. Kamp 4 is 884 m van die piek. K­hu­ma­lo kan die eer­ste swart vrou van A­fri­ka wees wat die piek be­reik.

In­tus­sen wag Het­tie en Ma­nie van der Mer­we van Zeerust in span­ning op nuus oor hul dog­ter, Wil­mien (35), wat nou haar twee­de po­ging aan­wend om die piek te be­styg.

Dié eks­plo­ra­sie­ge­o­loog van Post­mas­burg is ver­moe­de­lik ook reeds by kamp 4.

“Ons het Don­der­dag laas kon­tak met haar ge­had.

“Hul vei­lig­heid is nou be­lang­ri­ker as die piek, maar ons glo steeds daar is ’n goeie kans,” het Het­tie gis­ter­og­gend ge­sê.

Die plan was dat Van der Mer­we en K­hu­ma­lo, wat af­son­der­lik klim, die piek gis­ter sou be­reik, maar weens die gu­re weer is dit nou on­dui­de­lik pre­sies wan­neer hul­le van kamp 4 sal kan ver­trek.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Sa­ray K­hu­ma­lo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.