Boer Ger­rie en Car­na se eer­ste­ling ’n dog­ter­tjie

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

Ger­rie en Car­na Ros­souw, wat me­kaar in 2014 in die kykNET-reeks Boer soek ’n vrou ont­moet het, ver­wag hul eer­ste­ling.

Hul­le het Maan­dag op In­sta­gram aan­ge­kon­dig dat hul dog­ter­tjie op 9 Sep­tem­ber die le­wens­lig sal aan­skou.

“Aan die heel be­gin het ek ge­dink dit gaan ’n dog­ter­tjie wees, maar la­ter was ek vas oor­tuig dis ’n seun­tjie,” het Ger­rie, ’n bees-en-saai­boer van die plaas Ley­den in die Bot­ha­vil­le-dis­trik, gis­ter ge­sê.

“Maar dit maak nie reg­tig saak nie. Ons is so op­ge­won­de!”

Ger­rie en Car­na het saam op die naam San­ri be­sluit.

Dit kom van Car­na se ma se naam, San­dra, af. “Ons het be­sluit om dit net ’n klein bie­tjie te ver­an­der.”

Die swan­ger­skap is al ver­by die helf­te, maar dit lyk nog nie eint­lik of Car­na swan­ger is nie.

“Men­se sê maar vir ons dat sy eers die laas­te paar maan­de reg­tig sal be­gin wys,” sê Ger­rie.

Hy dink klein San­ri gaan ’n be­si­ge by­tjie wees.

“Ons voel haar al skop. Sy is klaar baie woe­lig. Ons kan nie meer wag nie.”

Die eg­paar is in Au­gus­tus 2015 ge­troud.

Fo­to: EL­SJE DU TOIT

Ger­rie en Car­na Ros­souw en hul hond, Bel­la, ’n paar maan­de ná hul troue in hul kom­buis op die plaas Ley­den in die Bot­ha­vil­le­dis­trik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.