Men­se voel ver­ward – SA kerk­man

Beeld - - Terreur In Manchester -

Die si­tu­a­sie in Manchester is sur­re­a­lis­ties, sê die oud-Dur­ba­niet Rogers Govender, wat die af­ge­lo­pe 11 jaar kerk­hoof van die Kerk van En­ge­land in die stad is.

Die to­ne­le bui­te die Manchester-a­re­na is ont­stel­lend ná die do­de­li­ke bom­aan­val Maan­dag­aand.

Po­li­sie­le­de is oor die stad heen ont­plooi, sê hy.

“Die po­li­sie is ge­wa­pen, wat ongewoon is, want hier word hul­le nie toe­ge­laat om vuur­wa­pens in die o­pen­baar te dra nie, be­hal­we as iets ge­beur het. Dit is ver­war­rend en sur­re­a­lis­ties.”

Govender woon on­ge­veer 3 km van die a­re­na.

“Die he­le mid­de­stad­ge­bied is ge­sluit. Men­se kom die stad bin-

Dit is ver­war­rend en sur­re­a­lis­ties. — ROGERS GOVENDER

ne, maar kan nie by hul werk uit­kom nie en daar is o­ral po­li­sie­le­de wat rond­loop,” het hy gis­ter­og­gend aan News24 ge­sê.

Hy sê hy het nog nooit te­vo­re iets soort­ge­lyks in die stad er­vaar nie. “Men­se voel taam­lik ver­ward. Hul­le dink: ‘Mis­kien kan so ’n aak­li­ge aan­val weer deur die dag ge­beur,’ ” sê hy.

Die Manchester-ka­te­draal is om die draai van die Manchester-are- na. Govender sê dit is in die af­ge­sper­de ge­bied en ge­meen­te­le­de is ná die aan­val nie toe­ge­laat om die ka­te­draal in te gaan nie. “Ons het ge­woon­lik 09:00 ’n ge­beds­diens, maar het be­sluit om net op straat te bid. Dit het ge­pas ge­voel in ag ge­no­me die tra­ge­die.”

Die de­par­te­ment van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king kon nie sê of e­ni­ge SuidA­fri­ka­ners in die aan­val be­seer is nie.

Govender is ook nie be­wus van e­ni­ge be­seer­de Suid-A­fri­ka­ners nie. “Ek het een per­soon in die mid­de­stad ge­sien met ’n S­pring­bok-trui aan, wat ek aan­neem is ’n Suid-A­fri­ka­ner, maar hy was nie be­seer nie,” sê hy.

Govender ver­oor­deel die voor­val. “Daar is ’n po­li­tie­ke pro­ses en ons hoop men­se spreek hul kom­mer deur die ka­na­le uit.

“Men­se moe­nie terreur ge­bruik om hul bood­skap te ver­sprei nie.”

Rogers Govender

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.