‘Dis ’n aan­val op jon­ges, vry­heid o­ral’

Beeld - - Terreur In Manchester - – News24Wi­re, AFP

Wê­reld­lei­ers het gis­ter met skok ge­re­a­geer op die ter­reur­aan­val in Manchester waar­in 22 kon­sert­gan­gers, meest­al kin­ders, dood is en dit ver­oor­deel.

Pres. Ja­cob Zu­ma sê daar is geen plek vir ge­weld­da­de in die ge­meen­skap nie.

T­he­re­sa May, B­rit­se pre­mier, en Je­re­my Cor­byn, lei­er van die Ar­bei­der-op­po­si­sie, het hul veld­tog­te in die aan­loop tot die al­ge­me­ne ver­kie­sing op 8 Ju­lie op­ge­skort.

Pres. Do­nald Trump van die VSA het in Bet­le­hem met pres. Mah­moed Ab­bas van die Pa­le­sty­ne aan sy sy die “bo­se ver­loor­ders” ver­oor­deel en ver­al lei­ers in die Mid­de-Oos­te ge­vra om sul­ke ge­weld uit te roei.

Dr. An­ge­la Mer­kel, Duit­se bond­skan­se­lier, sê die aan­val ver­sterk Duits­land se voor­ne­me om saam met B­rit­tan­je te werk teen die­ge­ne wat sul­ke on­mens­li­ke da­de be­plan en uit­voer.

Pres. Wla­di­mir Poe­tin van Rus­land sê hy is ge­reed om sa­me­wer­king met B­rit­tan­je teen terreur te ver­sterk.

Pres. Em­ma­nu­el Ma­cron van Frank­ryk sê hy gaan met die B­rit­se pre­mier praat.

Mal­colm Turn­bull, Aus­tra­lie­se pre­mier, sê geen mis­daad is laak­baar­der as moord op kin­ders nie. “Dis ’n aan­val op jong men­se o­ral, op vry­heid o­ral.”

Pres. Xi Jin­ping van C­hi­na het sy mee­ge­voel aan ko­nin­gin E­li­za­beth II oor­ge­dra.

Fo­to: REU­TERS

T­he­re­sa May

Fo­to: REU­TERS

Trump

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.