3 vas, nog ge­jag

Ek­sa­men­vra­e­stel­le dalk ook ver­kwan­sel

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Drie men­se is reeds in ver­band met die be­weer­de ver­koop van toelating tot die me­die­se skool van die U­ni­ver­si­teit van K­waZu­lu-Na­tal (UKZN) in heg­te­nis ge­neem en nog in­heg­te­nis­ne­mings word bin­ne­kort ver­wag.

Die UKZN sê in ’n ver­kla­ring sy eie fo­ren­sie­se diens­te werk met die po­li­sie saam om nog me­de­plig­ti­ges en be­guns­tig­des van die be­drog­spul te i­den­ti­fi­seer.

Die Val­ke het klag­te van be­drog en kor­rup­sie by die u­ni­ver­si­teit se Nel­son Man­de­la­me­die­se skool be­gin on­der­soek na­dat dit ge­blyk het voor­ne­men­de stu­den­te wat nie plek ge­kry het nie, kan om­koop­geld be­taal om in te kom.

Vol­gens die u­ni­ver­si­teit sit ’n sin­di­kaat daar­ag­ter.

Die drie wat in heg­te­nis ge- neem is, is nie werk­ne­mers van die UKZN nie.

“U­ni­ver­si­teits­o­wer­he­de het in die laas­te maan­de be­wus ge­word van on­wet­ti­ge prak­ty­ke van bui­te . . . KPMG het in sy on­der­soek se­ke­re on­re­ël­ma­tig­he­de in ons stel­sels ge­ï­den­ti­fi­seer,” sê die u­ni­ver­si­teit.

Dit is da­de­lik reg­ge­stel en ’n ou­dit van al die pro­ses­se is ook ge­doen om se­ker te maak dat die u­ni­ver­si­teit se be­heer­stel­sel vei­lig is.

“Die u­ni­ver­si­teit is ver­bind tot hoë stan­daar­de van e­tie­se op­tre­de, in­te­gri­teit en die hand­ha­wing van die reg. Be­drog, om­ko­pe­ry en an­der kor­rup­te op­tre­de sal nie ge­duld word nie.

“Ou­ers, per­so­neel en stu­den­te met in­lig­ting oor hier­die on­wet­ti­ge prak­ty­ke word ver­soek om na vo­re te kom,” vra die u­ni­ver­si­teit.

Die Suid-A­fri­kaan­se Me­die­se Ver­e­ni­ging (Sa­ma) sê dit lyk of van die me­die­se skool se ek­sa­men­vra­e­stel­le ook ver­koop is.

Dok­ters en le­de van die pu­bliek het by Sa­ma daar­oor kom kla, sê die ver­e­ni­ging in ’n ver­kla­ring.

“Ons is ui­ters be­kom­merd oor die be­we­rings dat men­se toelating en vra­e­stel­le by die me­die­se skool kan ‘koop’.

“Ons vra die mi­nis­te­rie van on­der­wys om hier­die be­we­rings drin­gend te on­der­soek. As e­ni­ge per­so­neel­le­de (van die u­ni­ver­si­teit) daar­by be­trok­ke is, moet daar op­ge­tree word en die lei­ers­korps moet ver­dui­de­lik hoe so ’n skan­da­li­ge si­tu­a­sie in die eer­ste plek kon plaas­vind.”

Bu­sis­wa G­qan­ge­ni, woord­voer­der van die mi­nis­te­rie van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, sê hul­le is be­wus van die saak.

“Ons kan dus nie nou al kom­men­taar le­wer ter­wyl die po­li­sie­on­der­soek aan die gang is en die pro­ses ont­vou nie, maar so­dra dit af­ge­han­del is, sal die mi­nis­ter kom­men­taar le­wer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.