Twee hos­pi­ta­le in KZN brand

Beeld - - Nuus -

Bran­de het Maan­dag by twee K­waZu­lu­Na­tal­se hos­pi­ta­le uit­ge­breek.

Die eer­ste brand het Maan­dag­og­gend in ’n nu­we blok van die Port S­heps­to­ne­hos­pi­taal uit­ge­breek. Vol­gens Sa­mu­el Mkhwa­na­zi, woord­voer­der van die pro­vin­si­a­le de­par­te­ment van ge­sond­heid, is die pe­di­a­trie­se, die ho­ë­sorg­ en die waak­een­heid daar­deur ge­raak.

“Pa­si­ën­te is ver­wy­der en ge­sta­bi­li­seer. Dié van die ho­ë­sorg­een­heid en die waak­een­heid is per he­li­kop­ter en vlieg­tuig na hos­pi­ta­le in Dur­ban oor­ge­plaas.”

Om­streeks 13:30 het ’n brand in saal ses van die Ma­hat­ma Gand­hi­hos­pi­taal in Dur­ban uit­ge­breek. Saal vyf is ook daar­deur ge­raak.

Kol. T­hem­be­ka M­bhe­le, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie on­der­soek die oor­saak van al­bei bran­de.

Mkhwa­na­zi sê die or­to­pe­die­se en die pe­di­a­trie­se saal van die Port S­heps­to­ne­hos­pi­taal is tans toe en pa­si­ën­te word in an­der sa­le be­han­del.

Hy sê uit vyf te­a­ters werk slegs een. “Die hos­pi­taal­be­stuur praat nog met an­der ge­sond­heids­ge­rie­we om met nood­o­pe­ra­sies te help”.

Pa­si­ënt­lê­ers is be­ska­dig, maar nie­mand is in die bran­de be­seer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.