S­choe­man se uit­weg: daar’s nie ’n voor­skrif

Beeld - - Kommentaar - Wil­helm Jor­daan

Ka­rel S­choe­man se “ver­kla­ring” oor sy be­sluit om op 77-ja­ri­ge ou­der­dom “self uit die le­we te stap” – soos die Ne­der­lan­ders self­dood be­skryf – wil maar net nie uit my be­wus­syn wyk nie.

Die saak staan só: Baie van ons is na­by, in of reeds ver ver­by S­choe­man se ja­re. En met ve­le, soos met S­choe­man, is dit ’n ge­val van die on­ver­bid­de­li­ke ag­ter­uit­gang van lig­gaam­li­ke en gees­te­li­ke ver­mo­ëns. Vir S­choe­man het die eens ge­mak­li­ke be­wus­syn­stroom op­ge­droog; en sy eie woor­de in die ro­man Ver­ken­ning kon nie meer werk­lik word nie: “. . . stoot die deur oop, beur teen die don­ker in . . . en be­gin nuut.”

Die woor­de in sy ver­kla­ring roep on­wil­le­keu­rig eie som­ber ge­dag­tes op: “Wat vir my voor­lê, is mens­lik ge­spro­ke, na al­le waar­skyn­lik­heid ’n toe­stand van ge­sta­dig­de af­ta­ke­ling en groei­en­de hul­pe­loos­heid en af­hank­lik­heid waar­deur ek toe­ne­mend ’n las word vir my­self en an­de­re.”

Kyk lank ge­noeg om jou, en jy sien dit. Ter wil­le van ons al­mal moet S­choe­man se vre­se, soos ons eie, in ’n bre­ër raam ge­plaas word: die hui­di­ge wyd­lo­pen­de an­ti-ou­der­doms­kul­tus. Daar­vol­gens word ou­der­dom, af­ta­ke­ling en die dood uit die be­wus­syn ver­ban deur al­ler­lei op­ge­to­wer­de il­lu­sies oor die “nu­we goue ja­re” wat vir die ou­e­res van dae én van­dag se jong men­se wag. In die trant van: 90 sal wel­dra die nu­we 50 wees!

In haar boek Ne­ver Say Die: The Myth and Mar­ke­ting of the New Old Age ont­leed Su­san Ja­co­by dié “bo­nus­ja­re” en wys hoe roe­ke­loos self­help-ghoe­roes, kwak­sal­wers en me­di­sy­ne­maat­skap­pye dié kul­tus be­vor­der: “Jul­le hoef nie die ou­der­dom te vrees nie, want teen die tyd dat jul­le oud is, sal die we­ten­skap die ant­woor­de hê. Pluk nou reeds die vrug­te van die ek­stra bo­nus­ja­re wat die me­die­se we­ten­skap bied.”

So as­of ly­ding, pyn, ont­red­de­ring, ver­gly­ding, le­wens­be­per­ken­de en on­ge­nees­li­ke siek­tes eint­lik nie be­staan nie; dat die ou­der­dom nie ’n wreed­aard is wat die veer­krag van jou lyf weg­raap en die vuur van jou siel steel nie. Soos die me­lan­cho­lie­se ka­rak­ter Ja­ques dit be­skryf in sy mo­no­loog oor “the se­ven a­ges of man” in S­ha­ke­spea­re se As You Li­ke It: “Last sce­ne of all,/ T­hat ends this stran­ge e­vent­ful his­to­ry,/ Is se­cond chil­dishness and me­re o­bli­vi­on/ Sans teeth, sans ey­es, sans tas­te, sans e­ver­y­thing.”

’n Mens sou kon ver­moed S­choe­man was be­wus van dié kul­tus en het die le­wens­ont­ken­nen­de waan­sin daar­van in eie ge­moed deur­leef.

Van­daar sý be­sluit. Dít het moed ge­kos soos dit moed kos om teen die ou­der­dom­don­ker in te beur. S­choe­man gee daar­aan er­ken­ning as hy skryf self­dood is “’n hoogs per­soon­li­ke saak” wat hy nie “blin­de­lings wil aan­be­veel nie”. Daar is an­der moont­lik­he­de.

Ver­set teen die kul­tus be­hels nie ’n pas­sie­we leef­styl en wag op die dood as jy oud is nie. Al­ler­mins. Dit gaan oor waar­dig oud word, waar­dig leef en waar­dig sterf; dat el­ke le­wensoom­blik en -ge­nie­ting in jou leef­beurt jóú­ne is.

En so ook die keu­ses oor hoe jy dit wil be­leef, be­nut of be­ëin­dig. Daar is nie één voor­skrif vir al­mal nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.