Dis lank­al nie net Mo­le­fe wat on­der ver­den­king is

Beeld - - Kommentaar -

Die sir­kus oor die her­aan­stel­ling van B­ri­an Mo­le­fe as E­s­kom se uit­voe­ren­de hoof spreek boek­de­le oor waar­om Suid-A­fri­ka se staats­on­der­ne­mings in ’n e­nor­me kri­sis ver­keer.

Al die hoogs on­waar­skyn­li­ke sto­ries wat nou al aan­ge­bied is deur on­der an­de­re Ben N­gu­ba­ne, voor­sit­ter van die E­s­kom-di­rek­sie, Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, en Mo­le­fe self kan tog een­vou­dig nie al­mal waar wees nie.

Ter­wyl Mo­le­fe ná ’n ver­doe­men­de ver­slag van die o­pen­ba­re be­sker­mer in so­veel woor­de ge­sê het hy ver­laat E­s­kom “ter wil­le van goeie kor­po­ra­tie­we be­stuur”, hou N­gu­ba­ne en Mo­le­fe nou voet by stuk dat hy nooit be­dank het nie, maar eint­lik net op vroeë af­tre­de ver­trek het. Op 50 is Mo­le­fe na­tuur­lik te jonk vir vroeë af­tre­de, maar hy en N­gu­ba­ne ver­wag die pu­bliek moet glo dat dit net ’n bo­na fi­de-fout­jie aan hul­le kant was.

Het Bro­wn dan ook net ’n “fout­jie” ge­maak toe sy met die aan­stel­ling van E­s­kom se waar­ne­men­de hoof op 30 No­vem­ber ver­le­de jaar in so­veel woor­de ver­wys het na Mo­le­fe se “be­dan­king”?

In­dien Mo­le­fe, N­gu­ba­ne en Bro­wn al­mal só ’n fout be­gaan het, hoort nie een van hul­le in e­nig­een van die hoë po­si­sies wat hul­le be­klee nie.

Maar nog is dit het ein­de niet. Dít al­les laat N­gu­ba­ne en Mo­le­fe steeds met die pe­na­rie om te ver­dui­de­lik hoe hy vir vyf maan­de af­we­sig was by E­s­kom, én ’n pos as par­le­ments­lid op­ge­neem het, son­der dat hy ooit by E­s­kom be­dank het.

Mak­lik! Hy was na al­les eint­lik net met on­be­taal­de ver­lof – en sou nooit ’n goue hand­druk van R30 mil­joen kry nie.

Ná de­se moet daar nie al­leen erns­ti­ge be­den­kin­ge hang oor of Mo­le­fe nie, maar ook oor N­gu­ba­ne en Bro­wn se ge­skikt­heid vir hul hui­di­ge pos­te.

Nie N­gu­ba­ne of Bro­wn kan ná de­se van die pu­bliek ver­wag om te glo dat hul­le in die o­pen­ba­re be­lang op­tree nie, as hul­le in staat is tot die soort “fout­jies” wat hul­le te ken­ne gee hul­le ge­maak het.

Dalk het E­s­kom vir Bro­wn om die bos ge­lei oor die kwes­sie. In­dien wel, het so­wel E­s­kom as Bro­wn erns­ti­ge vrae om te ant­woord, met E­s­kom wat sy bla­tan­te on­eer­lik­heid moet ver­dui­de­lik, en Bro­wn wat haar goed­ge­lo­wig­heid as ver­teen­woor­di­ger van die aan­deel­hou­er moet ver­klaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.