Is­rael ge­bruik wa­ter as ’n wa­pen

Beeld - - Kommentaar - Su­ra­ya Da­doo, Jo­han­nes­burg

El­sje du Toit skryf in “Drup­drup wen land wa­ter­stryd” (19.05) dat I­tai Mel­chi­or, hoof van die Is­rael­se am­bas­sa­de se han­dels- en e­ko­no­mie­se af­vaar­di­ging, op die Nam­po-oes­fees boe­re aan­ge­moe­dig het om die Is­rael­se drup­be­sproei­ing­stel­sel te ge­bruik.

Is­rael ís toon­aan­ge­wend wat be­tref wa­ter­teg­no­lo­gie. Wat Mel­chi­or wel nie ge­sê het nie, is dat wa­ter in Is­rael ge­bruik word om die Pa­le­sty­ne te be­heer.

Is­rael ver­hin­der die Pa­le­sty­ne reeds van­af 1967 om nu­we wa­ter­put­te te boor. Vol­gens die Is­rael­se Bur­ger­li­ke Ad­mi­nis­tra­sie (ICA), wat 60% van die We­soe­wer be­heer, word van die Pa­le­sty­ne ver­wag om aan­soek te doen om per­mit­te om wa­ter­net­wer­ke, boor­ga­te en wa­ter­put­te uit te brei. Slegs 1,5% van dié aan­soe­ke is goed­ge­keur. Die ICA ver­bied die Pa­le­sty­ne om wa­ter­bak­ke te gra­we vir die op­vang van re­ën­wa­ter. Dié be­leid ver­diep die Pa­le­sty­ne se af­hank­lik­heid van hul Is­rael­se be­set­ters vir die voor­sie­ning van wa­ter.

Die Moun­tain A­qui­fer, wat in die Pa­le­styn­se ge­bied ge­leë is, is die e­nig­ste wa­ter­bron vir Pa­le­styn­se in­wo­ners in die be­set­te We­soe­wer. Slegs 20% van dié wa­ter­bron is vir die Pa­le­sty­ne be­skik­baar, aan­ge­sien Is­rael 80% vir hom­self op­eis. Ver­der ver­nie­tig Is­rael die Pa­le­styn­se wa­ter- en sa­ni­ta­sie­pro­jek­te. Vol­gens die Ver­e­nig­de Na­sies is daar in slegs die eer­ste drie maan­de van­jaar meer as 30 wa­ter- en sa­ni­ta­sie­struk­tu­re deur die Is­rael­se weer­mag ver­woes.

Die Wê­reld­bank be­rig dat die ge­mid­del­de Pa­le­styn­se daag­lik­se wa­ter­ver­bruik so­wat 50 li­ter per per­soon is. Dit is heel­wat min­der as die 100 li­ter wat deur die Wê­reld­ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie per per­soon per dag aan­be­veel word. Daar­teen­oor ge­bruik die ge­mid­del­de Is­rael­se set­laar by­kans 300 li­ter wa­ter per dag.

Moet Suid-A­fri­ka op­los­sings vir die land se wa­ter­pro­ble­me soek by ’n land wat wa­ter as ’n wa­pen ge­bruik? Is­rael het met op­set ’n lang­ter­myn­droog­te ge­skep op ’n grond­ge­bied wat deur hul­le be­set word. Is­rael is nie die e­nig­ste droog­te­ge­teis­ter­de land met die teg­no­lo­gie­se ken­nis nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.