Bul­le: Ons sal aan­hou hoop

Beeld - - Kommentaar - Frans Prins­loo, eMa­lahle­ni

Sa­ter­dag is die fi­na­le spy­kers in die doods­kis ge­slaan. Die spog­span van ’n eens trot­se rug­by­u­nie is ver­slaan, ver­ne­der, fyn­ge­maal. Swak af­rig­ting, swak kon­di­si­o­ne­ring en die spe­lers se fut­loos­heid wat die he­le sei­soen al uit­ge­wys is, het Sa­ter­dag ’n kli­maks be­reik.

On­der­steu­ners is stil ge­speel deur hier­die hul­pe­lo­se groep ad­mi­nis­tra­teurs, af­rig­ters en spe­lers. Die psi­ge van die trot­se Lig­blou­es is ge­lei­de­lik deur die ja­re heen af­ge­breek. Tot niks. Ons is stil ten aan­skoue van dit waar­oor ons geen be­heer het nie, be­hal­we om stil­le pro­tes aan te te­ken. On­danks die hart­seer en ver­ne­de­ring bly ek, soos dui­sen­de an­der, lief vir ons span, en sal hul­le steeds on­der­steun (soos ek die af­ge­lo­pe 60 jaar lank doen). Ons sal bly hoop dat ie­mand sal in­tree en die u­nie red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.