Is Grond­wet nog op­per­mag­tig in SA?

Is die Grond­wet nog op­per­mag­tig, of is daar ’n an­der stel re­ëls wat ook in ons sa­me­le­wing geld? Dit was een van die vrae wat by die Suid­A­fri­kaan­se A­ka­de­mie vir We­ten­skap en Kuns se eer­ste col­lo­qui­um vir po­li­tie­ke we­ten­skap in Pot­chef­stroom ge­vra is, be­ri

Beeld - - Middelblad -

Suid-A­fri­ka was ver­on­der­stel om in 1994 ’n oor­gang te maak van ’n land waar par­le­men­tê­re soe­we­rei­ni­teit ge­geld het tot een waar grond­wet­li­ke op­per­ge­sag geld. Maar is die Grond­wet meer as 20 jaar la­ter op­per­mag­tig?

Dit lyk nie meer al­dag so nie, het Koos Ma­lan, pro­fes­sor in die pu­bliek­reg aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria, ge­sê. Hy het sy stand­punt ver­dui­de­lik deur die Grond­wet te stel teen­oor wat hy die kon­sti­tu­sie, ’n stel re­ëls wat nie in die Grond­wet ver­vat is nie, ge­noem het.

“Aan die hand van die po­li­tie­ke ge­beu­re wat af­ge­speel het, het ons ’n fun­da­men­te­le po­li­tie­ke mags­ver­skui­wing ge­had,” het Ma­lan ge­sê. “Art. 74 maak dit baie moei­lik om die Grond­wet te wy­sig. Daar is on­der meer ’n twee­der­de­meer­der­heid in die par­le­ment no­dig.

“Regs­ge­leer­des sal vir jou sê jy kan ’n ge­heel­beeld van die Grond­wet, meer kor­rek van die kon­sti­tu­sie, kry slegs deur die teks van die Grond­wet te raad­pleeg in sa­me­hang met wet­ge­wing wat prak­ties deur die Grond­wet aan­ge­neem is en hof­uit­spra­ke wat die Grond­wet ver­tolk.

“Is dit nood­wen­dig so? Is dit nie so dat se­ke­re be­pa­lings kan ver­val van­weë die mag­spel van po­li­tie­ke par­tye nie? Kan be­pa­lings van die Grond­wet nie ook ver­vang word met prak­ty­ke wat ont­staan nie?

“Is dit nie ook moont­lik dat daar heel­te­mal nu­we kon­sti­tu­si­o­ne­le reg­te ont­staan naas die Grond­wet nie en dat se­ke­re be­pa­lings dood­een­vou­dig nooit in wer­king ge­tree het nie?”

Ma­lan het ge­sê om dié vrae te be­ant­woord, moet ’n mens die Grond­wet teen­oor die kon­sti­tu­sie stel. Dan sal jy ag­ter­kom dat daar ver­an­de­rin­ge in die kon­sti­tu­sie was wat nie nood­wen­dig neer­slag in die teks van die Grond­wet ge­vind het nie.

Wat ge­beur in die prak­tyk?

“Kom ons gaan kyk wat in die prak­tyk ge­beur. Jy kan min­stens agt voor­beel­de aan­dui waar die kon­sti­tu­sie oor die af­ge­lo­pe ’n bie­tjie meer as 20 jaar ’n dra­ma­tie­se ver­an­de­ring on­der­gaan het.

“Daar was wy­si­gings van die Grond­wet, maar dit is van min­de­re be­lang. Die eint­li­ke be­lang­ri­ke goed wat plaas­ge­vind het, was die ver­an­de­rings in die kon­sti­tu­sie.”

Ma­lan het Suid-A­fri­ka se s­terk ge­sen­tra­li­seer­de re­ge­ring­stel­sel as die eer­ste voor­beeld ge­noem. Die ANC, self ’n s­terk ge­sen­tra­li­seer­de po­li­tie­ke be­we­ging, re­geer by­voor­beeld in agt van die ne­ge pro­vin­sies. Die DA-re­ge­ring in die WesKaap en die vier groot­ste me­tro­ra­de wat nie meer in die ANC se han­de is nie, het dié prent­jie die af­ge­lo­pe jaar of wat an­ders laat lyk en kan die kon­sti­tu­sie ver­an­der.

In die twee­de plek is dit no­dig om te kyk waar re­ge­rings­ge­sag werk­lik in die prak­tyk se­tel, het Ma­lan ge­sê. Dit ge­beur in ’n min­de­re of meer­de­re ma­te (en selfs al hoe meer) dat die ANC se top­ses, die na­si­o­na­le werk­ko­mi­tee of na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee, be­slui­te neem wat Suid-A­fri­ka raak.

“Dit het be­lang­ri­ke im­pli­ka­sies om­dat dit dui op ’n re­ge­ring wat nie in die ope is nie.

“Daar is ’n ge­brek aan ver­ant­woord­baar­heid en daar­be­ne­wens het ons die in­te­res­san­te ver­skyn­sel die laas­te tyd van ster­ker pre­si­den­si­ë­le mag. Dit im­pli­seer dat po­li­tie­ke mag op ’n an­der plek se­tel as in die Grond­wet.

“Daar is ook die toe­ne­men­de ver­hou­din­ge tus­sen die re­ge­ring en de­le van die p­ri­va­te sek­tor, soos die Gup­tas. Ons kan nou in SuidA­fri­ka praat van ’n hi­brie­de re­ge­ring; iets waar­voor die Grond­wet nie voor­sie­ning maak nie.”

Ma­lan het ook drie voor­beel­de ge­noem met be­trek­king tot grond­wet­li­ke waar­des.

“Kom ons kyk na nie­ras­sig­heid. Ras be­hoort nie ’n fak­tor te wees nie, maar van­weë wet­ge­wing en die o­pen­ba­re dis­koers dink ek het ons te doen met ’n dra­ma­tie­se her­ras­si­fi­se­ring van die Suid-A­fri­kaan­se sa­me­le­wing. Nie­ras­sig­heid is heel­te­mal op­sy­ge­skuif.

“Die Grond­wet maak nie voor­sie­ning vir die de­mo­gra­fie­se sa­me­stel­ling van al­les nie.

“Daar­by het u­bun­tu ont­wik­kel in ’n fun­da­men­te­le kon­sti­tu­si­o­ne­le waar­de en het ons te doen met ’n amp­te­li­ke een­ta­li­ge En­gel­se op­set.”

Prak­ty­ke wat hul­self ge­ves­tig het

Die staat het o­ën­skyn­lik ook af­stand ge­doen van sy ver­ant­woor­de- lik­heid vir die be­sker­ming van sy bur­gers. Daar­van ge­tuig die toe­ne­men­de op­tre­de van bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sies op vei­lig­heids­ge­bied en die so­wat 9 000 vei­lig­heids­maat­skap­pye in die land.

Ma­lan het laas­tens ge­wys op ka­der­ont­plooi­ing wat voort­spruit uit trans­for­ma­sie en die de­mo­kra­tie­se sen­tra­lis­me van die re­ge­ren­de par­ty. Dit is heel­te­mal stry­dig met art. 195 en an­der be­pa­lings van die Grond­wet wat die staat ver­plig om aan­stel­lings op grond van pro­fes­si­o­na­li­teit te maak.

“Al hier­die din­ge het ge­beur son­der e­ni­ge wy­si­ging aan die Grond­wet. Regs­ge­leer­des sal vir jou sê dit is on­grond­wet­lik, maar so w­hat?

“Hier­die prak­ty­ke het hul­self ge­ves­tig en hof­uit­spra­ke kan niks daar­om­trent doen nie om­dat dit ’n al­ge­me­ne prak­tyk ge­word het wat deel is van die kon­sti­tu­sie.”

Dr. De­nis Ven­ter, po­li­tie­ke na­vor­ser en voor­ma­li­ge di­rek­teur van die A­fri­ka-in­sti­tuut van SuidA­fri­ka, het ge­wys op die ge­va­re wat die ig­no­re­ring van e­tie­se uit- da­gings vir die de­mo­kra­sie in­hou.

“Wat van­dag in die po­li­tiek en die o­pen­ba­re le­we voor­ge­hou word as in­te­gri­teit, e­tiek, deur­sig­tig­heid en ver­ant­woord­baar­heid is groot­liks ver­wa­ter. Daar is min­der van ’n ver­wag­ting dat eer­lik­heid, o­pen­har­tig­heid en mo­re­le op­tre­de sal geld en daar­om word al hoe min­der ag daar­op ge­slaan as hier­die deug­de af­we­sig is.”

Vol­gens Ven­ter word men­se ge­woond ge­maak aan beeld­poet­se­ry, “glib­be­ri­ge uit­la­tings van woord­voer­ders, op­per­vlak­ki­ge fra­ses en eu­fe­mis­mes” en ken­merk ver­tra­gings­tak­tiek die po­li­tiek en o­pen­ba­re le­we.

On­ge­luk­kig kan die wet nie e­tiek voor­skryf nie.

Pie­ter Hey­den­rych van die vak­groep po­li­tie­ke stu­dies aan die skool vir so­si­a­le en o­wer­heid­stu­dies op die Pot­chef­stroom­kam­pus van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit het ge­sê dit is dalk goed dat Suid-A­fri­ka se bur­gers die Grond­wet en po­li­tie­ke be­stel dees­dae al hoe meer be­vraag­te­ken.

Deel­ne­men­de de­mo­kra­sie is vol­gens hom be­lang­rik vir die uit­ein­de­li­ke kon­so­li­da­sie van de­mo­kra­sie in Suid-A­fri­ka. Hy het na die on­lang­se pro­tes­op­tog­te teen ver­al pres. Ja­cob Zu­ma ver­wys en ge­sê men­se het eint­lik ’n ver­plig­ting om po­li­ties on­ge­hoor­saam te wees as din­ge skeef­loop.

Die pro­tes teen die in­stel­ling van e-tol­ta­rie­we op Gau­teng­se paaie was dui­de­lik die eer­ste te­kens van “pas­sie­we ver­set” in Suid-A­fri­ka, het Ven­ter ge­sê.

Hey­den­rych meen die he­den­daag­se po­li­tiek in Suid-A­fri­ka is on­sta­biel, maar dit is nie nood­wen­dig ’n sleg­te ding nie.

“Dit is goed as daar on­sta­bi­li­teit, ’n krap­pe­rig­heid, is. Is dit reg­tig ’n de­mo­kra­sie as ons al­mal ge­luk­kig is? Is on­sta­bi­li­teit, en die ver­deeld­heid in die re­ge­ren­de par­ty, nie te­ke­nend daar­van dat ons de­mo­kra­sie vol­was­se word nie?

“Daar is se­dert 1652 pro­tes in Suid-A­fri­ka. Is dit nie maar die aard van Suid-A­fri­kaan­se de­mo­kra­sie nie?”

Fo­to: DAWID ROUX

Oud­pres. Nel­son Man­de­la by Ko­de­sa, waar Suid­A­fri­ka se Grond­wet on­der­han­del is.

Gert van der West­hui­zen is ’n ar­ti­kel­skry­wer vir Net­werk24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.