Wat sê jy? S­tuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad -

SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ‘n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie.

V Ja­co En­gel­brecht oor S­pur­boi­kot, dan­kie, ek stem saam met jou. Dis die on­skul­di­ge ei­e­naars en kel­ners wat daar­on­der ly. Van hul­le het reeds hul werk ver­loor. Hul­le kan nie met die bie­tjie fooi­tjies vir hul ge­sin­ne sorg nie. En dit net oor se­ke­re men­se se klein­lik­heid. – Lud, Po­lo­kwa­ne

Wat die S­pur­boi­kot be­tref, skreeu ek hoe­ra, want die A­fri­ka­ners kan toe saam­staan as hul­le wil. Ek stem ook saam met S­ka­pie van Potch, want ek het pre­sies die­self­de pad as hy ge­stap. Ek is im­mers sy broer. Ons was die ag­ter­ge­ble­we­nes. – Dou­lie

S­ka­pie van Pot­chef­stroom praat 100% die waar­heid. Ek stem vol­ko­me met hom saam. Hoe­kom dan skaam wees daar­oor en on­der ’n skuil­naam skryf? – Ben Wait

S­ka­pie van Pot­chef­stroom, ek stem 100% met jou. Fi­nish en klaar. – Le­ser

Piet B, ek hoop nie jy hoef op ’n Son­dag in ’n hos­pi­taal op­ge­neem te word nie. Jy en Vry­ge­koop van Po­lo­kwa­ne kan ge­rus jul­self af­vra of daar nie ’n sweem­pie Fa­ri­se­ër­skap aan jul­le kleef nie. – T­wak­kies

Piet B, ek hoop nie jy lees die Son­dag­koe­rant, wat deur ie­mand wat werk, af­ge­le­wer word, of be­soek ’n win­kel nie, daar­die men­se werk om te oor­leef. O, en jou pre­di­kant werk el­ke Son­dag. –M

Piet B, my kin­ders werk al­bei op Son­dae. Dit maak hul­le nie son­daars nie. – A­let

Mar­thie Rich­ter, as jy hoor hoe som­mi­ge mans oor en van vroue praat en hul SMS’e en W­hat­sApp­bood­skap­pe lees, sal jy nie sul­ke ge­drag goed­keur nie. Staan lie­wers op vir ons wat na sul­ke ge­mors moet luis­ter! – An­ne­lie, Rand­burg

On­lang­se ra­di­oon­der­houd met die B­lits­bok Ru­han Nel: Hy ver­tel die luis­te­raar in keu­ri­ge, ge­mak­li­ke taal van hom­self en die span se spel. Wat ’n ver­skil en wat ’n ple­sier! Daar is tien­tal­le van ons sport­ster­re wat ’n paar les­se by hom kan neem! Dan­kie, Ru­han, en som­mer nog baie suk­ses vir jou! – An­ton, P­re­to­ria

Die skeids­reg­ter wat die geel­kaart aan Wer­ner Kok in die kwart­eind­wed­stryd tus­sen En­ge­land en die B­lits­bok­ke ge­gee het, was on­reg­ver­dig. Dit was on­van­pas. Selfs die kom­men­ta­tor was ver­baas. Was hy be­voor­oor­deeld teen SA ten guns­te van En­ge­land? – T­heo, Drie Ri­vie­re

As ek ’n Leeu­spe­ler was, sou ek hui­we­rig wees om vir die S­pring­bok­ke ge­kies te word. Kyk maar net na Faf en ’n mens kan sien hoe sy rug­by deur Coetzee en sy af­rig­ting­styl op­ge­neuk is. Bly weg. – GAF

An­dré, ons ge­heue is maar kort of nog baie jonk. Glo dit maar, die Leeus het in ’n sta­di­um net so swak ge­speel. Weet jy van die tye toe die Leeus nie eens ’n borg ge­had het nie? El­ke span gly maar die een of an­der tyd. Ge­niet jul tyd­jie, want glo my, die wiel bly draai sta­dig maar se­ker. – Ed­die, Kemp­ton Park

Allister Coetzee weet pre­sies hoe om on­der­steu­ners die hoen­ders in te maak. Waar op de­se aar­de is Com­brinck, Ma­poe en Du P­reez? – Gys, Mid­del­burg

Ek is ver­baas dat Vic­tor Mat­field nie in die S­pring­bok­span is nie. Ons gaan weer pak slae kry. – Mar­tin

Hoe­kom is daar nie 15 Leeus in die S­pring­bok­span nie? Die af­rig­ter kom se­ker van die Kaap. – Leeu­on­der­steu­ner

B­ri­an Mo­le­fe en Lyn­ne Bro­wn be­han­del ons soos kin­ders aan wie ver­dui­de­lik word hoe­kom ’n skool­par­ty­tjie ver­keerd ge­loop het en hul­le dink blyk­baar ons glo hul­le. – Da­nie Hamman, Gars­fon­tein

Steen­hui­sen, jy kan mos nie sul­ke be­we­rings maak en nie op­tre­de ver­wag nie. Kry vir jou. Jy sê dan self po­li­tiek is nie vir sis­sies nie. – D­rey­er

Wie gaan ver­sko­ning vra vir swak diens­le­we­ ring, swak ge­sond­heid­sorg, swak skool­op­lei­ding, plaas­moor­de en só kan ek ad in­fi­ni­tum aan­gaan. – Mar­le­ne T

Dan­kie tog Bo­ni­ta het ein­de­lik 7de Laan ge­groet! Wat ’n laaaaaang ly­ding was dit nie. Hoop Vin­ce ont­moet ’n ou­li­ke vrou son­der e­ni­ge ba­ga­sie. – C­heryl

Aan C­har­les S­mith oor Trump: Jy klink soos ’n reg­te risk a­voi­der i.p.v. risk lo­ver. As jy uit die boks dink, sal jy Trump dalk be­ter ver­staan. Die wê­reld voor Trump was nou nie juis wun­der­bar nie. – Coert

Ja, Li­za, ek stem saam. So ook al die werk­lik­heids­pro­gram­me op Via, soos S­pro­kies­brui­lof, An­ge­li­que en Jr. Kom­min ver­by. – E­li­ze, M­burg

Ge­troud met rug­by se troue van Fa­fa en Ma­ry­ke was fan­tas­ties, u­niek en a­sem­ro­wend. Dan­kie, kykNET. – Joey, Wier­da­park

Dan­kie, E­rik Holm, vir ’n skit­te­ren­de ru­briek oor plek­na­me. Jy het wel ver­geet om Moe­dig in die Ca­ro­li­na­dis­trik te noem. – Fa­nie, Wa­ver­ley

Do­nald Trump

Ru­han Nel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.