E­vi­ta soek spek tus­sen die vet

Wend haar tot fop­nuus, ‘hashtags’ Be­lig al­ter­na­tie­we his­to­rie­se fei­te

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Dit word daag­liks moei­li­ker om die “fei­te tus­sen die vet” te vind, sê E­vi­ta Be­zui­den­hout wat van Dins­dag in die Pie­ter Toe­rien-te­a­ter by Mon­te­ca­si­no met E­vi­ta Be­zui­den­hout and Kak­tus of Se­pa­ra­te De­ve­lop­ment op­tree.

Sy pak in dié stuk ’n paar vrae, en nie al­mal is een­vou­dig nie.

“Dit is my lof­lied aan ons be­staan. Met die skie­li­ke be­lang­rik­heid van ko­lo­ni­a­lis­me (ook iets wat stow­we­rig in die ge­skie­de­nis vas­sit), die pas­sie van hashtags wat al­mal op­sweep tot woe­de en wraak, ge­bruik ek die af­ge­saag­de sim­bool van ’n kak­tus wat in 1652 uit Ne­der­land hier aan­ge­kom het en deur na­la­ten­skap in die groen­te­tuin van oor­heer­sing sy wor­tels diep in ons le­we in­ge­woel het.”

As sy die pre­si­dent iets kon vra, sou dit wees: “Waar was u toe ons ge­vra het vir lei­ding?”

Be­zui­den­hout gee se­dert 1996 el­ke Son­dag by E­vi­ta se Per­ron in Dar­ling ’n praat­jie met die ti­tel Tan­nie E­vi­ta praat kak­tus na­dat dit die­self­de jaar by die KKNK se Kak­tus op die vlak­tes be­gin het.

Nou wend sy haar hu­mor tot fop­nuus en die al­ter­na­tie­we fei­te van die ge­skie­de­nis help men­se om vir hul vre­se te lag.

Sy moet self ook pro­beer vas­stel wat is fop­nuus en wat nie.

“Nuus was al­tyd kil en koud, son­der fan­fa­re, son­der MGM-mu­siek in die ag­ter­grond. Dees­dae kom ‘bre­ken­de nuus’ met Beetho- ven se ne­gen­de sim­fo­nie in die ag­ter­grond. Kan ’n mens al­les glo wat so op­ge­dis word as ’n ril­ler? Die dood van kin­ders is tra­gies werk­lik, en die el­len­de van ar­moe­de is waar. Die mal­heid van po­li­ti­ci is dra­ma­ties on­befop!

“Ek dink ons moet ons huis­werk doen oor die din­ge wat ons aan­dag gryp, om se­ker te maak waar die eg­te bloed en sweet is, en hoe­veel die gri­me­rings­ghoe­roes aan­ge­spuit het.”

Sy word ook ver­al deur haar drie klein­kin­ders met vrae ge­pols.

Húl­le wil weet of Jan van Rie­beeck in 1652 die be­ska­wing na Suid-A­fri­ka ge­bring het.

“Of was hy net ’n ont­snap­te Hol­land­se tronk­vo­ël wat die Boes­mans se hoen­ders kom steel het? Was die Slag van Bloed­ri­vier ’n oor­win­ning vir die Boe­re dank­sy hul ge­we­re teen die Zoe­loe se spie­se? Of was dit hulp van Bo? En die e­wi­ge vraag: Hoe­kom het a­part­heid so lank aan­ge­hou as al die wit men­se van­dag so daar­teen praat? Ja-nee, daar is ook baie oom­blik­ke van lag met ’n traan.”

Tan­nie E­vi­ta is dees­dae ’n lid van die ANC. Sy tel dus haar woor­de en is op die ver­hoog in haar per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid.

Kry dié 80-plus­ser eg­ter ooit self ant­woor­de?

“My ou­der­dom be­te­ken net iets as ek suk­kel om by die trap­pe op te klou­ter. My wys­heid kom uit die fou­te wat ek ge­maak het, en waar­oor ek nou an­der vroeg kan waar­sku. Daar is van­dag te veel ant­woor­de – of moet ek sê hashtag- ant­woor­de? Maar wat was die oor­spronk­li­ke vrae?”

Daar is baie goeie pun­te aan Suid-A­fri­ka se de­mo­kra­sie, sê Be­zui­den­hout.

Sy ver­wys on­der meer na die on­af­hank­lik­heid van die land se ho­we, die vry­heid van spraak en die werk­lik­heid van reeds 23 jaar in ’n de­mo­kra­tie­se be­stel funk­si­o­neer.

“Die feit dat ons met me­kaar in A­fri­kaans kan praat en skerts. Die won­der­li­ke glim­lag­gies op die ge­sig­te van klein kin­ders. Die feit dat ons na Do­nald Trump kan kyk en dank­baar vir Ju­li­us Ma­le­ma kan wees. As die men­se lei, sal die re­ge­ring volg.” ) Ver­to­nings is Woens­dae tot Sa­ter­dae om 20:00, met nog ’n Sa­ter­dag­ver­to­ning om 16:00, en Son­dae om 15:00. Dins­dag 23 Mei is daar ook ’n ver­to­ning om 20:00. Kaar­tjies kos R100 tot R180. Be­spreek by Com­pu­tic­ket. Hou ook el­ke Son­dag YouTu­be dop vir

E­vi­ta Be­zui­den­hout se ver­to­ning be­gin vol­gen­de week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.